Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
GRAFIKA: Só raak DStv in April duurder
k

MultiChoice stoot op 1 April oudergewoonte die prys van DStv op, maar net sommige pakkette word daardeur geraak.

  • DStv Premium se prys styg met R10 (oftewel 1,24%) tot R819 per maand, uitgesluit toegangsgeld vir PVR-gebruikers, wat self R5 of 5,3% duurder word.
  • Die prys van DStv Compact Plus styg eweneens met R10 (1,93%) tot R529 per maand, uitgesluit toegangsgelde.
  • Die prys van DStv Compact bly onveranderd op R399 per maand.
  • Die prys van DStv Family styg met R14 oftewel 5,3% tot R279 per maand, die hoogste styging uit al die pakkette. DStv Family is nou al 12% duurder as in 2018, toe dit R249 per maand gekos het. Die prys daarvan het verlede jaar ook met 6,6% gestyg, toe ook die grootste styging onder al die verskillende pakkette.
  • Die prys van DStv Access styg met R5 oftewel 4,8% tot R110 per maand.
  • DStv Easy View bly onveranderd op R29 per maand.

“Ons wil aanhou om DStv so toeganklik en bekostigbaar vir soveel Suid-Afrikaners as moontlik te maak,” sê Mark Rayner, uitvoerende hoof van MultiChoice in Suid-Afrika.

Die toegangsgeld vir PVR-dekodeerders neem met R5 tot R100 per maand toe.

MultiChoice het volgens sy jongste beskikbare syfers 18,9 miljoen DStv-intekenare, waarvan 8,2 miljoen in Suid-Afrika is.

Meer oor:  Dstv  |  Multichoice  |  Tegnologie  |  Betaaltelevisie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.