Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
GRAFIKA: Takealot slaggereed vir Swart Vrydag
takealot

Suid-Afrika se grootste e-handelaar verwag om op Swart Vrydag vanjaar een pakkie per sekonde uit sy enorme pakhuise te verskeep.

Takealot het verlede jaar op Swart Vrydag meer as R196 miljoen se goedere op dié bekende inkopiedag van die hand gesit. Dit is 125% méér as in 2017.

Kim Reid, uitvoerende hoof, verwag dat Swart Vrydag vanjaar nog groter gaan wees en sê die maatskappy het reeds voorbrand gemaak teen die verwagte toename in die getal bestellings.

Takealot het nou plek vir 3,7 miljoen pakkies in sy pakhuise landwyd en verwag dat 10 000 bestellings per uur sy store op Swart Vrydag gaan verlaat. Die e-handelaar verwag om uiteindelik 2 miljoen pakkies oor die feestyd af te laai en dat sy bestuurders 4 miljoen km gaan aflê tussen nou en Kersfees.

Takealot se kredietkaartverskaffer het hom egter verlede jaar vroeg op Swart Vrydag in die steek gelaat omdat dit nie die skielike toename in verkeer op sy webwerf kon hanteer nie. Die webwerf was sowat 40 minute lank van lyn af.

LEES OOK: Dís hoekom webwerwe vou op Swart Vrydag

Die maatskappy het by navraag gesê hy het die afgelope jaar nou saamgewerk met al sy verskaffers van betalingsdienste om te keer dat ’n soortgelyke misstap vanjaar plaasvind.

Takealot verwag dat enigiets tussen 70 000 en 100 000 mense op enige oomblik gelyktydig sy webwerf op Swart Vrydag vanjaar gaan besoek.

Takealot besit en bedryf ook die aanlyn klerewinkel Superbalist.

  • Netwerk24 is deel van Media24, ’n filiaal van Naspers. Naspers besit 96% van Takealot.
Meer oor:  Takealot  |  Tegnologie  |  Swart Vrydag  |  Inkopies  |  Internet  |  E-Handel  |  Webwerf
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.