Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
Ná 12+ uur sonder internet het Kaap hoop

Veselinternet in Melkbos begin stadig weer op dreef kom ná ’n dag lange krisis.

Octotel, die diensverskaffer vir Blouberg, Melkbosstrand, Parklands en Table View, het Vrydag net voor 17:00 getwiet dat die eerste woonbuurte aanlyn begin kom. Alle huise en ondernemings in die gebied sal egter eers teen 19:00 aan die internet verbind wees.

Groot dele van dié deel van Kaapstad het Vrydag wakker geword sonder veselinternet.

Octotel, wat die netwerk in dié gebied bestuur en wat verskillende internetdiensverskaffers gebruik, het teen 07:30 op Twitter gesê hy is bewus van die probleem.

Later is bevestig daar was omvattende “infrastruktuurskade”. 

Munisipale diensverskaffers moes ’n nuwe mangat maak en kabels moes daardeur verbind word. Die werk is as ingewikkeld bestempel.

Die gebied het die afgelope maande gereeld deurgeloop onder kabeldiefstal. Die vorige keer toe die veselinternet af was, was juis omdat koperkabeldiewe die veselkabels beskadig het.

Octotel het tans ’n veselonderbreking in Blouberg en Melkbosstrand. Foto: Unsplash


Meer oor:  Internet  |  Veselinternet  |  Tegnologie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.