Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
Groot verskaffer van veseldienste lê werkers af
Liquid Telecom, een van die vasteland se voorste verskaffers van veseldienste, gaan mense aflê en sy naam na Liquid Intelligent Technologies verander. Foto: Unsplash

Afrika se grootste veselkabelgroep, Liquid Telecom, gaan homself “herposisioneer as die vasteland se voorste verskaffer van digitale dienste”.

Dié skuif gaan egter nie sonder grootskaalse afleggings plaasvind nie.

Volgens die maatskappy is die herposisionering genoodsaak deur veranderings in die bedryf en die gepaardgaande veranderings in die produkte en dienste wat hy bied.

Die skuiwe vind reeds die afgelope twee jaar plaas en is nie ’n regstreekse gevolg van die koronaviruspandemie nie.

Hy doen ook weg met die naam Liquid Telecom en sal voortaan as Liquid Intelligent Technologies bekend staan.

Die maatskappy het Dinsdagmiddag laat die veranderings aangekondig sonder om spesifiek melding te maak van die afleggings.

Werknemers is ook Dinsdag ingelig dat die maatskappy gaan herstruktureer omdat sy bedryfsbehoeftes verander.

Dit is nie bekend hoeveel werknemers afgelê gaan word nie.

MyBroadband haal naamlose “bedryfskenners” aan wat reken die maatskappy kan tot ’n derde van sy arbeidsmark snoei. Hy het 864 mense in diens.

Daar word beplan om die afleggings teen die begin van November af te handel.

Liquid Telecom het in 2018 ook verskeie werknemers afgelê.

“Ons strukture, vaardighede en vermoëns moet vinnig ontwikkel en aangevul word om die verwagtinge van ons kliënte te oortref,” sê die maatskappy.

Hy wou nie verdere kommentaar lewer oor die beplande herstrukturering van sy arbeidsmag nie.

Dit is ook nie presies duidelik watter sakemodel hy gaan volg as ’n verskaffer van “digitale dienste” nie.

Tans besit en bedryf hy sowat 70 000 km se veselinternet oor Afrika heen, sowel as verskeie datasentrums in onder meer Kaapstad, Johannesburg en Nairobi in Kenia.

Meer oor:  Liquid Telecom  |  Veselinternet  |  Tegnologie  |  Internet  |  Afleggings
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.