Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
Grootkop loop by Uber oor seksklagte
Nóg 'n grootkop het by Uber bedank.

Cameron Poetzscher, ’n grootkop by Uber, het bedank oor bewerings van seksuele wangedrag.

Hy was lank aan die hoof van korporatiewe transaksies by dié app-gebaseerde taxidiens.

Sy bedanking laat nog ’n leemte in Uber se finansiële afdeling in aanloop tot die maatskappy se beplande notering vroeg volgende jaar.

Poetzscher, wat voorheen by Goldman Sachs gewerk het, is voorheen op die vingers getik weens beweerde seksuele wangedrag. Hy het aan die Wall Street Journal erken hy het ’n oordeelsfout begaan en sy berou uitgespreek voordat hy Maandag bedank het.

Nelson Chai, wat onlangs as finansiële hoof van Uber aangestel is, neem Poetzscher se pligte oor terwyl die maatskappy na ’n permanente plaasvervanger soek.

Poetzscher het ’n sleutelrol gespeel in die onderhandelingsproses van ’n transaksie vroeër vanjaar tussen Uber en die beleggingsbank SoftBank wat sowat $9,3 miljard beloop het.

Uber het Chai in Augustus aangestel ter voorbereiding op sy notering.

Verskeie senior personeellede het in die laaste tyd by Uber bedank en die maatskappy skarrel om die poste weer gevul te kry. – Bloomberg

Meer oor:  Uber  |  Bedanking  |  Taxidiens  |  App  |  Tegnologie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.