Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
Grootste Boeing voltooi sy 1ste vlug

Boeing het pas die eerste vlug voltooi met die jongste en grootste lid van sy 737 Max-gesin.

 Boeing 737 Max
Die Boeing 737 Max. Foto: Wikipedia

Die 737 Max 10 het Vrydagmiddag ná ’n vlug van twee en ’n half uur op Boeing Field in Seattle, Amerika, geland. Dit was sewe maande nadat die land se Federale Lugvaartadministrasie (FAA) toestemming gegee het dat die Max-vliegtuie weer mag vlieg.

Die Max 10 het in November 2019 vir die eerste keer uit Boeing se fabriek in Renton in die Amerikaanse deelstaat Washington gekom, agt maande nadat alle Max-vliegtuie wêreldwyd gehok is ná twee ongelukke waarin altesame 346 mense dood is.

Die Max 10 bevat wel die MCAS-vliegbeheerstelsel wat die skuld vir die ongelukke gekry het, maar met die veranderings wat die FAA vereis het voordat die Max-vliegtuie weer kon vlieg.

Die Max 10 se eerste vlug skop die sertifiseringsproses van die vliegtuig af. Dit sal na verwagting teen 2023 met passasiersvlugte kan begin, luidens ’n verslag van die Amerikaanse media-webdiens Cnet.

Kapt. Jennifer Henderson, hoofvlieënier van die 737’s, sê in ’n verklaring wat Boeing uitgereik het dat die Max 10 goed gevaar het. “Met die toetsvlug kon ons die vliegtuig se stelsels, vlugkontroles en hanteringsvermoë toets, wat alles presies verloop het soos ons verwag het.”

Die vierde en grootste lid van die 737 Max-familie het sitplek vir 204 mense in ’n tipiese konfigurasie en is gebou om mee te ding met die Airbus A321neo. Soos ander Max-weergawes, het dit ’n herontwerpte en ruimer passasierskajuit, stiller en skoner enjins en groter brandstofdoeltreffendheid.

Ná die eerste vlug

Die suksesvolle vlug met die 737 Max 10 kom te midde daarvan dat Boeing die publiek se vertroue in die Max probeer herstel, en ook die kritiek te bowe probeer kom oor sy en die FAA se sertifisering van die eerste Max-vliegtuig in 2016.

Hoewel sommige lugdienste hul Max-bestellings gekanselleer het terwyl die vliegtuie gehok was, het verkope begin herstel.

Die 737’s, wat in 1968 bekend gestel is, is steeds die kommersiële vliegtuig waarvan daar die meeste verkoop is met meer as 10 500 vliegtuie wat by honderde lugdienste wêreldwyd afgelewer is.

Meer oor:  Boeing  |  Lugdienste  |  Vliegtuie  |  Boeing 737 Max  |  Lugvaart  |  Tegnologie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.