Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
Harry, Meghan ‘steel’ Instagram-naam

Kevin Keiley, ’n Britse duikinstrukteur, is die josie in vir prins Harry en sy vrou, Meghan.

Prins Harry en Meghan, die hertog en hertogin van Sussex. Foto: Getty Images

Om meer spesifiek te wees, hy’s ontevrede met die nuwe Instagram-profiel van die hertog en hertogin van Sussex.

Die koninklike paartjie het vroeër vandeesweek met groot fanfare hul eie amptelike Instagram-profiel geskep om foto’s van dinge en gebeure wat hulle na aan die hart lê te plaas.

Binne enkele ure het die @sussexroyal-blad meer as ’n miljoen volgelinge gehad. Teen Vrydag het dit 3,7 miljoen volgelinge bereik.

Keiley, ’n inwoner van Wes-Sussex in die suide van Engeland, het die afgelope drie jaar die @sussexroyal-naam op Instagram gebruik.

Die BBC berig Keiley het vroeër die week met ’n skok besef die sosiale netwerk het sommer sy Instagram-naam aan die koninklike paartjie gegee.

Keiley sê die eerste keer dat hy besef het hy is sy rekening kwyt, is toe sy seun vir hom ’n SMS daaroor stuur.

“Ek het toe op Instagram gaan kyk en gesien my naam was nie meer @sussexroyal nie, maar nou @_sussexroyal_.”

Die duikinstrukteur, wat ook ’n groot aanhanger van ’n plaaslike sokkerklub met die bynaam Royals is, erken hy was nie baie aktief op Instagram nie.

Niemand van die sosiale netwerk of die koninklike paartjie het hom egter gekontak om te vra of hulle die Instagram-naam kan oorneem nie.

Instagram het later gereageer en gesê dit is “in ooreenstemming met sy beleid” dat hy gebruikers se naam kan verander “sonder toestemming” as hulle vir ’n taamlike lang tyd onaktief was.

Keiley bedryf ook ’n profiel op Twitter onder die @sussexroyal-naam. Dit is (vir nou) nog in sy besit.

Voorheen het Keiley net 24 volgelinge op Twitter gehad; nou het hy al meer as 1 100.

“Dis gek!” sê hy.

Volgens ’n onlangse twiet sê Keiley hy gaan aanhou om as inwoner van Sussex sy gunsteling-sokkerspan op Twitter te ondersteun onder die naam @sussexroyal.

Meer oor:  Facebook  |  Meghan Markle  |  Harry  |  Prins Harry  |  Harry En Meghan  |  Sussex  |  Sosiale Media  |  Instagram  |  Britse Koninklikes
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.