Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
Herontwerpte Apple Watch kom vanjaar
Apple stel na verwagting later vanjaar ’n nuwe, herontwerpte weergawe van sy gewilde slimhorlosie, die Apple Watch, bekend. Foto: Pexels

’n Nuwe, herontwerpte Apple Watch kan dalk September die lig sien, sê KGI Securities, ’n Chinese makelaarsfirma, in ’n verslag.

9to5Mac, ’n nuusblad spesifiek vir Apple-produkte, berig die Apple Watch 4 se skerm gaan sowat 15% groter wees as die huidige reeks 3 s’n. Dit gaan ook spog met ’n verbeterde hartmonitor en ’n langer batterylewe.

Dit is ook die eerste Apple Watch waarvan die ontwerp beduidend afwyk van die eerstegenerasie-slimhorlosies wat Apple sedert 2015 vervaardig. Elke Apple Watch-model sedertdien het ’n soortgelyke ontwerp gehad. Die Apple Watch 3 is September verlede jaar bekend gestel.

Ming-Chi Kuo, ’n ontleder by KGI Securities, wou nie meer besonderhede aan 9to5Mac verklap oor hoe die ontwerp van die Apple Watch 4 van vorige modelle gaan verskil nie.

Volgens Ming-Chi is die nuwe ontwerp wel “meer byderwets”.

KGI Securities voorspel dat Apple nagenoeg 22 miljoen Apple Watch-toestelle in 2018 gaan verkoop, ’n toename van sowat 30% teenoor 2017.

Buiten die funksies van ’n gewone polshorlosie meet ’n slimhorlosie jou hardklop, hoeveel kilojoules jy verbrand en hoeveel treë jy bedags gee. Dit bied ook funksionaliteit om boodskappe op jou horlosie te lees en daarop te reageer.

Bronne: 9to5Mac, KGI Securities

Meer oor:  Apple  |  Apple Watch  |  Tegnologie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.