Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
Hier het die ondersese kabels (weer) gebreek
Twee van die ses ondersese kommunikasiekabels na Suid-Afrika gee weer probleme. Foto: Unsplash

Die impak van die gebreekte ondersese kommunikasiekabel wat Suid-Afrika met Europa verbind, behoort nie so erg te wees soos wat aanvanklik gevrees is nie.

Die Wacs-kabel, wat Suid-Afrika aan Brittanje verbind, het Vrydagaand rondom middernag gebreek kort duskant die kus by Cardiff.

Volgens die Suid-Afrikaanse Nasionale Navorsings-en-Opleidingsnetwerk (SANReN) is die herstelskip Ile D’Arix reeds op pad na die punt onder die see waar die kabel gebreek het. Die hoop is dat tegnici die fout teen Saterdag sal kan herstel.

Intussen het dit aan die lig gekom daar is ook ’n fout langs die SAT-3/Wasc-kabel wat Suid-Afrika aan Portugal en Spanje verbind.

Sowel die SAT-3/Wasc- as die Wacs-kabels het in Januarie vanjaar ook gelyktydig gebreek. Herstelwerk aan albei kabels het meer as ’n maand geduur.

Volgens SANReN het die SAT-3/Wasc-kabel naby die kus van die Demokratiese Republiek van die Kongo (DRK) gebreek, byna op presies dieselfde plek as waar die Wacs-kabel in Januarie gebreek het.

kabel

Die Léon Thévenin, die herstelskip wat ook in Januarie gestuur is om die foute langs die onderskeie kabels te herstel, is reeds op die plek langs die SAT-3/Wasc-kabel waar die jongste breuk is.

Tegnici sal hopelik die fout teen 2 April kan herstel.

Intussen sê talle Suid-Afrikaanse internetdiensverskaffers hulle is “bewus van probleme met internetverkeer” wat deur die gebreekte internetkabels veroorsaak word.

Diensverskaffers soos Afrihost en Liquid Telecom het reeds aangedui dat hulle die impak van die verlies van die twee kabels teenwerk deur bykomende verkeer na ander internetkabels tussen Suid-Afrika en Europa te herlei.

Selfs met die kabels wat buite werking is, behoort Suid-Afrikaners nie ’n verlaging in internetspoed te ervaar nie, omdat die meeste kommunikasie plaaslik geskied.

Die Wacs-kabel het die vermoë om 14,5 terabisse se data per sekonde tussen die lande te stuur. Die SAT-3/Wasc-kabel kan 800 gigabisse per sekonde stuur.

Die verlies aan dié vermoë sal wel gevoel word as plaaslike internetgebruikers groot hoeveelhede data uit die buiteland wil oordra of wil stuur.

Stromingsdienste soos Netflix en Showmax stoor hul inhoud op plaaslike bedieners, wat nie deur die foute langs die kabels geraak word nie.

Dieselfde geld Google, Microsoft en Facebook wat albei ook plaaslike bedieners gebruik.

Afgesien van die SAT-3/Wasc- en Wacs-kabels word Suid-Afrika deur nog vier ander groot ondersese kabels aan Europa en elders verbind.

Die grootste kabel, SACS wat Brasilië aan Angola en uiteindelik aan Johannesburg verbind, het die vermoë om 40 terabisse per sekonde te stuur.

Meer oor:  Internet  |  Tegnologie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.