Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
Hoe lank speel jy op Instagram? Jy sal gou weet!
Instagram is ’n gewilde foto-app met meer as 800 miljoen gebruikers. Dit behoort aan Facebook. Foto: Max Pixel

Instagram stel eersdaags ’n nuwe funksie bekend wat gebruikers sal help om te sien hoeveel tyd hulle op die platform bestee.

Die sogenaamde “Usage Insights”-funksie is deur Instagram se uitvoerende hoof, Kevin Systrom, bevestig nadat ’n spitsvondige navorser die kode daarvoor in die app opgespoor het.

Jane Manchun Wong, ’n app-navorser, het in Instagram se Android-app se kode gekrap en gesien dié funksie kom, hoewel dit nog nie in werking gestel is nie.

In ’n rits twiets het Systrom Wong se bewerings oor die nuwe funksie bevestig nadat TechCrunch daaroor berig het.

“Dit is waar,” het hy getwiet. “Ons bou die funksie om die gemeenskap op Instagram te help om meer te weet oor die tyd wat hulle op die platform bestee. Enige tyd moet positief en met ’n doel wees.”

Systrom meen dis belangrik om te begryp hoe gebruikers beïnvloed word deur die tyd wat hulle op die internet bestee. “Maatskappye het ’n verantwoordelikheid om eerlik hieroor te wees. Ons wil deel wees van die oplossing. Ons neem dié verantwoordelikheid ernstig op.”

Siende dat die kode in die platform se Android-app opgespoor is, is die verwagting dat Android-gebruikers eerste toegang daartoe gaan kry.

Systrom het egter nie bekend gemaak wanneer “Usage Insights” beskikbaar gaan wees nie.

Bronne: Twitter, The Verge, TechCrunch

Meer oor:  Instagam  |  Kevin Systrom  |  Sosiale Media  |  Tydsbestuur  |  Tegnologie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.