Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
Hoop dat plan vir spektrum data goedkoper sal maak

Die Mededingingskommissie het dit verwelkom dat dit lyk asof die beleid oor hoe spektrum uiteindelik opgeveil gaan word, sowel goedkoper data as transformasie sal bevorder.

Stella Ndabeni-Abrahams, minister van kommunikasie. Foto: Getty Images

Stella Ndabeni-Abrahams, minister van kommunikasie, het dié week die beleidsrigtingwyser oor die lisensiëring van bykomende hoëfrekwensiespektrum in die Staatskoerant gepubliseer.

Dit sluit in dat die Wireless Open Access Network (WOAN) gelisensieer moet word. WOAN sal verantwoorderlik wees vir sowat ’n vyfde van die spektrum wat nog nie toegeken is nie. Onder die opdragte vir die veiling van dié spektrum is dat dit transformasie moet bevorder en kleinsake se toegang tot hoëspoedspektrum moet verbeter.

Suid-Afrika se selfoondiensverskaffers wag nou al 14 jaar lank dat bykomende spektrum toegeken word sodat hulle 4G- en later ook 5G-breëband kan uitbrei. Daar word gehoop dat dit die verspreiding van breëband doeltreffender sal maak, wat datakoste behoort te verlaag.

Die Onafhanklike Kommunikasieowerheid van Suid-Afrika (Okosa) moet die beleid in werking stel.

Die Mededingingskommissie sê luidens ’n verklaring spektrum moet universeel beskikbaar wees. Dit beteken nie net dat dit tegnies beskikbaar moet wees nie, maar ook bekostigbaar moet wees.

Kritici het aanvanklik uitgewys dat die eerste weergawe van die WOAN gesien sou kon word as ’n vorm van spektrum-nasionalisering.

Die proses om vir spektrum te bie kan nog maande duur.

Meer oor:  Mededingingskommissie  |  Data  |  Spektrum
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.