Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
Huawei ‘in wolke’ oor SA potensiaal

Suid-Afrika kan Huawei se “wolk-middelpunt” in Afrika word.

Stone He, die nuwe president van Huawei-wolkdienste in Suider-Afrika. Foto: Huawei

Huawei het onlangs planne bekend gemaak om sy markaandeel in Suid-Afrika en Afrika deur strategiese beleggings en samewerking met vennote te vergroot.

In ’n onlangse aanlyn mediakonferensie het Stone He, die nuwe president vir die Huawei-wolkdienste in Suider-Afrika, gesê sedert sy bekendstelling in Suid-Afrika in Februarie 2019 het die maatskappy vier datasentrums in Afrika – twee in Suid-Afrika, een in Nigerië en een in Kenia.

“Ons probeer om die datasentrums te vermeerder namate die vraag na wolkdienste toeneem. Ons bedien tans kliënte in 12 lande, en ons beplan om vinnig te groei soos wat die behoefte toeneem. As gevolg van die Covid-19-pandemie was daar ’n toenemende skuif na wolkdienste,” het He gesê.

In Suid-Afrika het Huawei gedurende 2020 groot groei in wolkdienste met groot beleggings van die openbare en finansiële sektor sowel as die telekommunikasiebedryf ondervind.

“Ons is ook trots op die drievoudige toename in ons kliëntebasis en ons geregistreerde Suid-Afrikaanse vennote het verdubbel. Ons voorspel dat dié getalle gedurende die volgende paar maande aansienlik sal groei, en ons voorsien dat Suid-Afrika ’n wolk-middelpunt vir die vasteland sal word,” het hy gesê.

Volgens ’n onlangse verslag oor wolkdienste deur die Nywerheidsontwikkelingskorporasie (IDC) sukkel maatskappye nog met heelwat uitdagings. Dit wissel van ’n gebrek aan goeie verskaffers tot migrasieprobleme in die wolk.

“Met beter oplossings glo ek die Suid-Afrikaanse wolkmark sal een van die grootstes wees. Terwyl ons na digitale transformasie in Suid-Afrika op pad is, kan ons ons wêreldwye ervaring gebruik om die beste praktyke toe te pas.”

Huawei Cloud SA sal ook baie in wolkopleiding en bemarkingsondersteuning vir sy vennote belê. Opleiding word ook aan verbruikers, tersiêre studente en kleinhandelaars aangebied.

Verlede week het Huawei aangekondig dat hy sy Cloud and AI Business Group herstruktureer het, wat die afdelings van hardeware en sagteware skei, met op die versterking van die sagteware-ingenieursvermoë fokus. Die geskeide Cloud Business Unit sal nou op die lewering van dienste fokus.

Meer oor:  Huawei  |  Beleggings  |  Slimfone  |  Tegnologie  |  5G  |  Tegnologiemaatskappye
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.