Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
Huawei kry nóg bietjie tyd voor verbod inskop

Amerika se handelsdepartement sal na verwagting Maandag nóg 90 dae uitstel gee vir ondernemings daar om sake met China se Huawei te doen.

Huawei word deur Amerika daarvan beskuldig dat hy namens die Chinese regering op gebruikers spioeneer. Foto: Reuters

Dié tegnologievervaardiger is aanvanklik in Mei verbied om handel te dryf met Amerikaanse maatskappye weens vrese van spioenasie. Die verbod sou op 19 Augustus in werking tree, maar word nou weer uitgestel.

Die toekoms van Huawei in Amerika hang egter steeds in die weegskaal nadat pres. Donald Trump Sondag aan joernaliste gesê het as hy sy sin kry, sal die land alle bande met Huawei verbreek.

Trump het gesê hy wil geen sake met Huawei doen nie weens vrese dat dit Amerika se nasionale veiligheid in gevaar stel, berig Reuters.

“In die stadium lyk dit of ons eerder nie meer sake gaan doen nie,” het Trump gesê.

Nietemin word daar verwag dat die Amerikaanse handelsdepartement Maandag weer uitstel sal gee vir die verbod op Huawei, wat beteken dat maatskappy soos Google, Facebook en Intel steeds vir minstens die volgende drie maande met Huawei sal mag sake doen.

Huawei bly egter op die handelsdepartement se amptelike “swartlys” van maatskappye waarmee daar nie handel gedryf mag word sonder toestemming van die regering nie.

Huawei-eienaars was vroeër vanjaar paniekerig oor die moontlikheid dat hul toestelle nie meer soos normaal sou funksioneer nie weens Amerika se verbod. Programmatuur soos die Android-bedryfstelsel word byvoorbeeld deur die Amerikaanse maatskappy Google vervaardig en word in Huawei-toestelle gebruik.

In die voortslepende handelsoorlog tussen China en Amerika het die toekoms van Huawei ’n belangrike oorweging vir albei lande geword.

Amerika wil oënskynlik sy inwoners se privaatheid beskerm, maar verhoog terselfdertyd invoertariewe op duisende Chinese produkte.

Trump gaan glo vandeesweek telefonies met China se pres. Xi Jinping vergader om die Huawei-kwessie te bespreek.

Huwei, en die Chinese regering, ontken dat die tegnologievervaardiger namens die regering op burgers van ander lande spioeneer.

Eie bedryfstelsel bekend gestel

Kort nadat die bom in Mei gebars het dat Huawei dalk eersdaags nie meer toegang tot die Android-bedryfstelsel gaan hê nie, het dit aan die lig gekom dat die maatskappy in der waarheid reeds “geruime tyd” aan sy eie bedryfstelsel werk.

HarmonyOS is verlede week amptelik bekend gesel.

Dié bedryfstelsel word oënskynlik nie bemark as ’n teenvoeter vir Google se Android nie, maar eerder ’n manier vir Huawei-produkte om op ’n “holistiese en intelligente manier” met mekaar te kommunikeer.

Kortom is dit Huawei se antwoord op Apple se iOS wat op al sy toestelle is en verskillende toestelle maklik met mekaar laat kommunikeer.

Tog sê Richard Yu, Huawei se hoof van verbruikersake, dat HarmonyOS “totaal van Android en iOS verskil”.

“Dit is betroubaar en veilig en ondersteun naatlose samewerking tussen toestelle.”

Volgens die maatskappy werk hulle reeds die afgelope dekade aan HarmonyOS.

Plaaslik het Zhao Likun, streekshoof van verbruikersake vir Suid-Afrika, gesê die maatskappy is gewillig om programmeerders te vergoed as hulle nuwe apps sal ontwikkel vir die nuwe bedryfstelsel.

Soos Android, wat op verskeie fone werk, wil Huawei ook hê die tegnologiemaatskappy HarmonyOS op verskeie toestelle gebruik, en nie net dié wat deur Huawei self vervaardig word nie.

Volgens Akhram Mohamed, tegnologiehoof van Huawei in Suid-Afrika, is die doel van HarmonyOS nie om Android te vervang nie en wil die maatskappy steeds die Android-ekostelsel benut solank dit nie deur Amerikaanse sanksies gepootjie word nie.

Mohamed het vroeër aan Netwerk24 bevestig dat die vraag na Huawei-fone in Suid-Afrika ietwat gedaal het kort nadat nuus van die Amerikaanse verbod in Mei aangekondig is, maar dat dit intussen weer herstel het.

Huawei is reeds ’n geruime tyd die wêreld se naasgrootste vervaardiger van selfoonprodukte ná Samsung.

Meer oor:  Huawei  |  Vsa  |  Selfoonmaatskappye  |  Tegnologie  |  Handelsoorlog  |  5G  |  Netwerke  |  Internet  |  Data
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.