Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
Huawei Pay is hier, maar sonder dié funksies

Eers was daar Samsung Pay, toe Fitbit Pay en nou is dit Huawei Pay. Maar anders as sy voorgangers kan gebruikers van Huawei Pay nie in supermarkte doodeenvoudig tik en betaal nie.

Huawei Pay word in samewerking met Zapper beskikbaar gestel. Foto: Verskaf

Vir eers laat Huawei Pay net betalings per QR-kode toe.

Dit beteken gebruikers maak die app oop en skandeer ’n QR-kode op ’n rekening of strokie waarna die transaksie voltrek word.

Huawei stel juis Huawei Pay bekend in samewerking met Zapper, ’n gerekende plaaslike verskaffer van QR-betalings.

Dié twee apps werk vir eers basies dieselfde.

Huawei Pay maak gebruik van Zapper se onderliggende tegnologie om betalings te kan maak.

In die geval van dienste soos Samsung Pay en Fitbit Pay kan die gebruiker sy of haar toestel net naby ’n kaartmasjien bring, waarna betaling geskied.

Dis vir eers onmoontlik met Huawei Pay.

Die maatskappy het aangedui hy maak werk daarvan om dieselfde funksionaliteit in die plaaslike weergawe van Huawei Pay in te sluit.

In Pakistan, Rusland en Singapoer werk Huawei Pay reeds nes Samsung Pay.

Betaalplatforms moet egter ’n ooreenkoms met plaaslike banke aangaan voordat betalings gemaak kan word.

Samsung Pay was eers net vir kliënte van Absa en Standard Bank beskikbaar omdat Samsung aanvanklik ooreenkomste net met daardie banke aangegaan het.

Dit is nou beskikbaar aan kliënte van enige Suid-Afrikaanse bank behalwe Capitec en TymeBank.

Fitbit Pay is net beskikbaar vir kliënte van FNB, RMB Private Bank, Investec, Discovery en Nedbank.

In die geval van Huawei Pay – in samewerking met Zapper – kan ’n debiet- of kredietkaart van enige bank gebruik word om betalings te doen.

As jy reeds die Zapper-app op jou Huawei-foon het, is daar vir eers nie veel nut om die Huawei Pay-app ook af te laai nie.

Dié app, bekend as Huawei Wallet, is van 3 Desember vir Huawei-fone in Suid-Afrika beskikbaar.

Meer oor:  Huawei  |  Samsung Pay  |  Zapper  |  Tegnologie  |  Slimfone
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.