Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
Huawei se markaandeel ‘gaan tot net 4% val’

Huawei se wêreldwye aandeel in die mark vir slimfone gaan in 2021 na verwagting tot net 4% daal, voorspel die marknavorser TrendForce.

Dis ’n massiewe daling vir ’n maatskappy wat eens op ’n tyd oorgehaal was om die wêreldleier vir slimfoonverkope te word.

Daar word voorspel dat Huawei se verkope vir 2020 net 14% van totale verkope gaan uitmaak voordat dit in 2021 tot net ’n derde daarvan afneem.

Huawei, ’n Chinese maatskappy, is die afgelope 18 maande onder beleg van ’n verskeidenheid sanksies vanuit Amerika wat beperkings plaas op die maatskappy waarmee hy mag sake doen.

Sy toegang tot belangrike komponente soos mikroskyfies is van hom ontneem en hy het ook toegang tot Amerikaanse programmatuur soos die apps van Google verloor.

Honor, ’n voormalige filiaal van Huawei wat hy onlangs aan ’n konsortium beleggers verkoop het, sal na verwagting aanstaande jaar ’n markaandeel van 2% hê, voorspel TrendForce.

Dié filiaal is ook deur die sanksies geraak en beleef ernstige tekorte aan belangrike onderdele.

Huawei sal na verwagting net 4% van totale slimfoonverkope in 2021 verteenwoordig. Foto: Reuters

Terwyl Huawei en Honor se markaandeel waarskynlik skerp gaan daal, verwag navorsers sy Chinese mededingers Oppo en Xiaomi s’n sal stewig toeneem om die leemte te vul.

Verkope van Apple se iPhone sal na verwagting ook in die komende jaar toeneem.

Xiaomi het Apple die eerste keer in die derde kwartaal vanjaar verbygesteek wat verkope betref.

Dit het Apple uit die lys van drie topverkopers geskop, met Samsung en Huawei wat die eerste twee plekke beklee.

Die daling in Apple-verkope word wel daaraan toegeskryf dat hy sy jongste iPhone eers vroeg in die vierde kwartaal uitgereik het.

Die Amerikaanse sanksies teen Huawei geld reeds van Mei 2019.

Die Amerikaanse handelsdepartement en ander amptenare in die regering van pres. Donald Trump beskuldig Huawei daarvan dat hulle namens die Chinese regering op sy gebruikers spioeneer. Huawei ontken dié bewerings ten sterkste. – Bloomberg, bygewerk

Meer oor:  Google  |  Huawei  |  Xiaomi  |  Verkope  |  Slimfone  |  Tegnologie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.