Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
Huawei se perfekte foon - net jammer oor Google?

Die Huawei Mate40 Pro is een van die beste selfone wat die maatskappy nóg gemaak het, maar sonder Google bly dit ’n moeilike besluit om die foon te koop.

Huawei wou hê die Mate40 Pro moet die enigste ding wees wat jy nodig het as jy die huis verlaat en dit is waarskynlik waarom die foon tegnies so indrukwekkend is.

Die Mate40 Pro is van 1 April af in Suid-Afrika beskikbaar.

Dit bring innoverende funksies en opvallende ontwerpelemente wat die gebruikerservaring verbeter. Daar is ook ’n sterk fokus op 5G en slimfoonvideografie.

Die Huawei Mate40 Pro kan vooraf bestel word. Foto: Huawei

’n Nuwe ontwerp

Die Mate40 Pro het ’n nuwe ikoniese ronde omhulsel om sy kamera wat die foon meer stabiel maak as dit op sy rug lê. Die foon kom in twee kleure – swart en “mistieke” silwer, wat in sonlig van kleur verander.

Nog ’n uitstaande ontwerpelement is die skerm wat amper om die foon vou.

Die sogenaamde Horizon Display vou 88 ° om die foon, wat aan die gebruiker ’n grenslose en futuristiese ervaring bied. Sodoende bied Huawei aan gebruikers die opsie om die volumeknoppies fisiek of virtueel te gebruik.

Besonderse verwerker

Die Mate40 Pro bevat die vlagskip 5 nm Kirin 9000 SoC (stelsel op ’n mikroskyfie), die mees gevorderde en transistordigte SoC tot op hede. Dit is kragtig, kragdoeltreffend en natuurlik vinnig. Dit beteken die verwerker sal enige taak wat jy wil verrig, soos blits kan uitvoer.

Die Kirin 9000 gebruik ’n drie-vlak-kragdoeltreffendheidsargitektuur – een groot kern, drie middelkerne en vier klein kerntjies. Die klokfrekwensie van die kerne is so vinnig soos 3.13 GHz.

Die verwerker bevat ook die kragtigste grafiese verwerkingseenheid (GPU) nog in ’n Huawei-foon, wat beteken dat speletjies teen ’n hoër raampietelling gespeel word wat ’n beter beeldgehalte en dus ’n groter meelewende spelerervaring bied.

Huawei se vennootskap met Leica duur voort. Foto: Huawei

Mate40 Pro en Huawei- mobielde dienste (HMS) vergemaklik daaglikse take

Die Mate40 Pro is toegerus met HMS vir ’n ryker, geriefliker en veiliger slimfoonervaring. Dit kom met die vooraf geïnstalleerde Huawei App Gallery en die hulpmiddel Petal Search, wat as ’n poort na meer as een miljoen plaaslike apps dien. Gebruikers kan plaaslike apps soos Capitec, FNB, Absa, Nedbank, Standard Bank, Showmax, Bolt, Takealot, Superbalist, Zando en vele meer installeer.

Haakplek

Hoewel baie apps deur Huawei se App Gallery beskikbaar is, gaan dit sommige gebruikers pla dat Google nie daarop beskikbaar is nie.

Gebruikers van Google-dienste sal sukkel om die volle ervaring van die foon te kry en sal mooi moet besin of hulle die foon wil koop.

Prys

Volgens Huawei kos die Mate40 Pro R19 999 en dit sal by die meeste handelaars beskikbaar wees.

Daar is wel ’n spesiale voorafbestelling vir die Mate40 Pro beskikbaar wat jou ook ekstras bied.

Betaal R500 en ontvang afslag van R1 500 op die saldo van die koopprys. Jy sal ook ’n bundel ontvang wat bestaan uit die nuwe Huawei Freebuds 4i, die Huawei GT 2e-horlosie, ’n Huawei Smart Scale en die Huawei VIP-diens.

Dit is egter eksklusief tot die aanlyn Huawei Store en is beperk tot die eerste 200 klante.

Die Huawei Mate40 Pro Foto: Huawei

Meer oor:  Selfoon  |  Huawei  |  Slimfone  |  Tegnologie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.