Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
Huawei se reis van 5G tot varke!

Die tegnologiemaatskappy Huawei wend hom onder meer tot varkvleisbedryf om sy inkomste aan te vul nadat die Amerikaanse verbod op dié Chinese firma se tegnologie hom erg geknou het.

Huawei span tegnologie in om varkboere te help. Foto: Unsplash

Huawei het veral inkomste verdien uit die oprigting van netwerk-infrastruktuur vir 5G-internet.

Maar hy maak nie self varke groot nie.

Huawei help net entrepreneurs om dit beter te doen, het Duan Aiguo, president van “masjien-visie” by Huawei, volgens dié tegnologiemaatskappy se blog, Huawei Central, op ’n konferensie oor wolkdienste gesê.

Varkboerdery is gróót in China. Die land het volgens Statista sowat 310 miljoen varke, meer as dubbeld soveel as die 148 miljoen varke in die Europese Unie, die gebied wat naas China die meeste varke het. China het ook drie keer meer varke as Amerika met sowat 79 miljoen van dié diere.

China produseer jaarliks sowat genoeg 55 miljoen ton varkvleis, grootliks vir plaaslike verbruik.

Verlede maand het Duan Huawei se Smart Pig Raising Solution bekend gestel. Dit behels die monitering van varke deur robotte, ontleding van data op groot skaal, en die gebruik van kunsmatige intelligensie (KI) om besluite te neem oor die welstand van die varke.

Huawei noem dit ’n landboustelsel wat “digitaal intelligent en onbeman” is.

Hy meen die gebruik van KI in varkboerdery is veel stadiger as in ander bedrywe.

“Verskeie groot spelers in die bedryf het ons genader in die hoop om tegnologie te gebruik om die varkbedryf te bemagtig.”

Aanvanklik wou boere fokus op elektroniese waarnemingstelsels, maar ná Huawei se uitbreiding van KI-tegnologie het hulle dit “slimsekerheid” begin noem.

Later is ontdek dat slimsekerheid nie aan al die behoeftes van ondernemings voldoen nie. Dit was ook nodig om die produksie, bedryf en bestuur van ondernemings op te los, en dit is waarom dit hernoem is na masjien-visie.

“Slimsekerheid is slegs ’n deel van die masjien-visie, en die twee kan nie van mekaar geskei word nie.”

Daar is sowat 2 000 mense betrokke by die produk- en bemarkingspan van Huawei se masjien-visie-onderneming en die plan is om verder uit te brei, het hy gesê.

Meer oor:  Huawei  |  Landbou  |  Sanksies  |  Tegnologie  |  5G  |  Verbod  |  Varke
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.