Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
Huawei steel ons geheime, sê Amerika

Die Amerikaanse owerhede het Huawei Donderdag daarvan beskuldig dat hy handelsgeheime gesteel én die Iranse regering gehelp het om betogers op te spoor en te arresteer.

Dit is die jongste misdadige klagte teen die Chinese tegnologievervaardiger, wat voorheen ook van spioenasie deur Amerika beskuldig is.

Huawei word daarvan beskuldig dat hy saamgesweer het om handelsgeheime van ses Amerikaanse tegnologiemaatskappye te steel, en dat hy die wet oortree het wat gebruik word om georganiseerde misdaad te bekamp.

Die klagstaat bevat ook nuwe aantygings oor die maatskappy se betrokkenheid in lande onderworpe aan Amerikaanse sanksies. Daar word ook beweer Huawei het toerusting in Iran geïnstalleer wat die regering in Teheran gebruik het om betogers te monitor, te identifiseer en te arresteer tydens ’n oproer in 2009.

Amerika is steeds gewikkel in ’n veldtog teen Huawei en het voorheen al gewaarsku die maatskappy spioeneer namens die Chinese regering op Amerika.

Die maatskappy is reeds in Mei 2019 deur die Amerikaanse handelsdepartement verbied om sake met enige Amerikaanse onderneming te doen weens kommer oor nasionale veiligheid.

Die jongste aanklagte is deel van ’n “poging om Huawei se reputasie onherroeplik te skaad weens redes wat met mededinging eerder as wetstoepassing verband hou,” het die maatskappy in ’n verklaring gesê.

Huawei beskryf die aanklagte teen hom as ’n “herverpakking van ’n handvol aantygings wat amper 20 jaar oud is”.

Die maatskappy het in Januarie 2019 skuld ontken op ’n vorige aanklag van bankbedrog en dat hy sanksies teen Iran oortree het.

Die jongste klagstaat maak nie melding by watter ses maatskappye Huawei na bewering handelsgeheime gesteel het nie.

Meer oor:  Huawei  |  Tegnologie  |  Spioenasie  |  Handelsgeheime
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.