Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
Huawei verkoop 1ste keer meer fone as Samsung

Huawei het in die tweede kwartaal meer slimfone as Samsung, sy grootste mededinger, verkoop, wys navorsing van die konsultasiefirma Canalys.

Dit dui op ’n terugkeer van besteding deur veral Chinese verbruikers te midde van die Covid-19-pandemie.

Huawei, China se grootste tegnologiemaatskappy, het 55,8 miljoen slimfone tussen April en Junie verkoop. Dit is 5% minder as die eerste kwartaal, maar steeds meer as Samsung se 53,7 miljoen toestelle.

Samsung se verkope is 30% laer op ’n kwartaalgrondslag, reken Canalys.

Verkope van Samsung se ander elektroniese toestelle, insluitende rekenaarskyfies, het wel gehelp om sy bedryfswins met 23% te verhoog op ’n jaargrondslag.

Die Suid-Koreaanse tegnologiereus het pas sy resultate vir die tweede kwartaal uitgereik.

Huawei het tussen April en Junie meer slimfone as Samsung verkoop. Foto: Reuters

Dit is die eerste kwartaal in nege jaar wat nie Samsung of Apple die meeste slimfone wêreldwyd verkoop het nie.

“Dit is uiters merkwaardig en beslis nie iets wat ons ’n jaar gelede sou voorspel het nie,” sê Ben Stanton, senior ontleder by Canalys.

“Dit sou nooit gebeur het as dit nie vir Covid-19 was nie. Huawei het voordeel getrek uit China se ekonomiese herstel.”

Dit mag dalk moeilik wees om daardie momentum te behou, reken Stanton. Veral weens toenemende druk en sanksies teen Huawei deur Amerikaanse wetgewers.

Huawei se oorsese verkope is reeds 27% laer op ’n kwartaalgrondslag.

Samsung stel aanstaande week sy jongste vlagskipfoon op ’n aanlyn geleentheid bekend.

Apple reik na verwagting ook drie nuwe slimfone later vanjaar uit. – Bloomberg, bygewerk

Meer oor:  Samsung  |  Huawei  |  Slimfoon  |  Tegnologie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.