Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
Hulle hou ál meer van videospeletjies
Inkomste uit speletjies via sosiale platforms het verlede jaar 56,6% van die totale videospeletjie-inkomste uitgemaak.

Suid-Afrikaners het verlede jaar R3,5 miljard aan videospeletjies bestee. In 2014 was die bedrag maar R2 miljard en die konsultantegroep PwC sê in sy jongste vooruitsig vir die media- en vermaaklikheidsbedryf dit kan tot R5,4 miljard in 2023 styg.

Inkomste uit speletjies via sosiale platforms het verlede jaar 56,6% van die totale videospeletjie-inkomste uitgemaak en dit sal na verwagting teen 2023 tot 68,4% van die inkomste styg.

Charles Stuart van PwC se vermaak- en media-afdeling sê slimfone maak dit vir miljoene Suid-Afrikaners moontlik om bekostigbaar toegang tot speletjies te kry. Toegang is dikwels gratis, asook om te speel, maar tydens die speletjie is koopopsies beskikbaar.

Waar slimfoon-speletjies met rasse skrede groei, is die mark vir wolkgegronde rekenaarspeletjies gestrem deur relatief stadige internettoegang en die feit dat die databedieners wat vir dié gevorderde speletjies gebruik word, ver van Suid-Afrika geleë is, en weens die afstand, is vertragings met die verbinding algemeen.

Dié situasie is egter aan die verander en kan groei in dié segment aanhelp.

Stuart sê wanneer 5G beskikbaar is met die belofte van hoë spoed en minimum latentheid, kan wolkgegronde speletjies as sektor nuwe lewe kry.

Maatskappye soos Intel en Microsoft belê nou reeds baie, want dié verwagte groei bied geleenthede vir netwerke, hardeware, tegnologie en inhoudsverskaffers.

Luidens PwC se verslag sal alle segmente van die mark vir videospeletjies (konsole, persoonlike rekenaars en dié wat op sosiale platforms en via slimfone beskikbaar is) in die volgende vyf jaar sterk groei.

Meer oor:  Videospeletjies  |  Esports  |  Tegnologie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.