Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
Hulpfonds vir huiswerkers geskep

Die app-gegronde onderneming SweepSouth het ’n hulpfonds gestig om huiswerkers wat gewoonlik deur sy platform werk kry, finansieel by te staan noudat hulle nie mag werk nie.

Die maatskappy sê Maandag in ’n verklaring die Michael & Susan Dell-stigting het reeds R6 miljoen geskenk om die fonds op die been te bring.

sweepsouth
Alen Ribic en Aisha Pandor, stigterslede van SweepSouth, ’n aanlyn diens waar mense huiswerkers kan huur. Foto: Edrea du Toit

Die fonds sal SweepSouth in staat stel om werkers gedurende die staat van inperking weens die Covid-19-pandemie tussen R150 en R450 per week te betaal.

Aisha Pandor, stigter van SweepSouth, sê hul statistieke wys dat ’n huiswerker gemiddeld R1 100 per maand net op kruideniersware vir haar en haar gesin bestee.

Dit beteken dat hulle sowat R4 miljoen per maand nodig het om al die huiswerkers wat op hul platform geregistreer is te kan help.

Die maatskappy wil probeer om ’n verdere R6 miljoen in te samel vir die fonds om huiswerkers vir ’n langer tyd te kan bystaan.

“Hul finansiële probleme sal baie verder strek as die 21 dae van inperking. Dit is dus belangrik om die probleme soveel as moontlik te beperk. Ons doen ’n beroep op alle ondernemings en vermoënde individue oor die hele Suid-Afrika om hulle dringend by ons aan te sluit om hierdie huishulpe te help,” sê Pandor.

SweepSouth onderhandel ook met kleinhandelaars om spesiale afslag op basiese noodsaaklikhede vir huiswerkers te bekom.

Pandor sê sowat 40% van SweepSouth se kliënte ondersteun steeds die maatskappy. Hulle het reeds sowat R100 000 bygedra om huishulpe te help.

Meer oor:  Sweepsouth  |  Covid-19  |  Koronavirus  |  Huiswerkers  |  Apps
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.