Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
Innovasie: Apple swaai die septer

Apple is die baas van die plaas ten opsigte van innovasie, sê Boston Consulting Group (BCG) in sy jongste verslag oor die wêreld se mees innoverende maatskappye.

Apple het juis net Dinsdag sy jongste produkte – onder meer nuwe iMacs en iPads – bekend gestel:


Volgens BCG se verslag word Apple gevolg deur Alphabet, moedermaatskappy van Google, met Amazon in die derde plek.

Hierna volg Microsoft, Tesla en Samsung.

Apple is die innoverendste maatskappy ter wêreld. Foto: Getty Images

Luidens BCG se jongste verslag is daar ’n toename van tien persentasiepunte tot 75% onder maatskappye wat innovasie as die topdrie-prioriteit noem – die grootste toename in die 15 jaar dat die verslag uitgereik word.

In 2021 beplan meer as 60% om te belê in innovasie en een derde is van plan om besteding met meer as 10% te verhoog.

Maar BCG het ook bevind dat net sowat 20% van die ondernemings die nodige stelsels vir innovasie het en dat sommige maatskappye groot leemtes in hul innovasiegereedheid het.

Luidens die verslag is maatskappye wat toegewyd aan innovasie is (deur daarin te belê) en gereed is (deurdat hulle die nodige platforms en praktyke het), tot vier keer waarskynliker is om beter as hul portuurgroep te vaar ten opsigte van inkomstegenerering uit nuwe produkte, dienste en sakemodelle as dié wat dit nie het nie.

“Uitvoerende hoofde verhoog hul maatskappye se pogings en beleggings en besef dat innovasie se vermoë om veerkragtigheid en voorsprong bo ander aan te dryf, belangriker as ooit tevore is,” sê Justin Manly, ’n besturende direkteur van BCG en mede-outeur van die verslag.

“Ons sien egter die risiko dat hul hoop sal beskaam omdat hul maatskappy nie gereed is nie. Die goeie nuus is dat die meeste hul gereedheid ingrypend kan verbeter met ’n paar doelgerigte veranderings in strategie, bedryfsmodelle en organisatoriese vermoëns.”

Die verslag lig die volgende belangrike kwessies uit:

Leierskap

Twee belangrike aspekte van innovasiegereedheid is uitvoerende leierskap en ’n gebrek aan skakeling tussen produkgerigte spanne (byvoorbeeld in navorsing en ontwikkeling) en klantgerigte spanne (byvoorbeeld in sakeontwikkeling, bemarking en verkope).

“Ons navorsing wys dat uitvoerende spanne by innovasieleiers se deelname aan die proses veel verder strek as om bloot die agenda te bepaal en mense verantwoordbaar te hou,” sê Ramón Baeza, ’n besturende direkteur van BCG en senior vennoot en mede-outeur van die verslag. “Hulle plaas ook meer klem op insig oor klante, bestuur die portefeulje aktief en skakel persoonlik met innovasiespanne.”

Spanwerk

’n Gebrek aan skakeling tussen produk- en klantgerigte spanne is die primêre struikelblok vir innovasiesukses, wys BCG se navorsing. Leiers vra ook: “Watter deel van ons inkomste het ons gekry uit nuwe produkte, digitale dienste of sakemodelle?”

Diversiteit en innovasie

Die top-50 innoverende ondernemings neig om groter geslags- en etniese diversiteit in hul leierskap te hê, byvoorbeeld Microsoft, Alibaba, Cisco, Philips en Novartis.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.