Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
Instagram kry nuwe baas

Facebook het Adam Mosseri as Instagram se nuwe hoof aangestel.

Dit kom nadat die stigters van dié gewilde sosialemediaplatform verlede week weens geskille met Mark Zuckerberg, Facebook se hoof, besluit het om te bedank.

Mosseri werk al tien jaar by Facebook en het hom in 2008 as ’n produkontwerper by die maatskappy aangesluit.

Hy was tot onlangs hoof van produksie by Instagram.

Kevin Systrom en Mike Krieger het op 24 September bedank. Hulle het Instagram in 2010 saam begin en dit steeds met redelike onafhanklikheid bestuur nadat Facebook die sosiale netwerk in 2012 gekoop het.

Hulle het egter in die laaste paar maande toenemend gefrustreerd geraak met Zuckerberg wat hom al hoe meer by Instagram ingemeng het.

Ter illustrasie. Foto: Getty Images

Volgens ingeligtes beskou Facebook Instagram toenemend as ’n belangrike bron van inkomste vir hom. Daarbenewens het Facebook glo druk uitgeoefen dat hy ook meer van ’n teenwoordigheid op Instagram moet hê en dat gebruikers hul profiele op die twee platforms verder moet kan integreer.

Nie Systrom of Krieger was hiervoor te vinde nie en het summier hul bedanking op Instagram se blog aangekondig.

“Ons is baie opgewonde om die leisels oor te gee aan ’n produkleier met ’n sterk agtergrond in ontwerp en ’n fokus op harde werk en eenvoud, sowel as iemand met ’n goeie begrip van die belangrikheid van die gemeenskap,” het die twee in ’n verklaring gesê ná die aankondiging dat Mosseri by hulle gaan oorneem.

“Dit is die waardes en beginsels wat vir ons belangrik was sedert ons Instagram begin het, en ons is opgewonde dat Adam dit verder gaan neem.”

Die verklaring maak geen melding van Zuckerberg of Facebook se (waarskynlike) inmenging in die toekoms by Instagram nie.

Systrom en Krieger is ook nie die eerste hoofde wat ’n maatskappy wat deur Facebook besit word weens geskille met Zuckerberg verlaat nie.

In April vanjaar het Jan Koum, medestigter van WhatsApp, ook bedank omdat hy die saamgestem het met hoe die kletsdiens se moedermaatskappy, Facebook, met gebruikers se data omgaan nie.

WhatsApp se ander medestigter, Brian Acton, het reeds in September verlede jaar bedank.

Meer oor:  Instagam  |  Facebook  |  Mark Zuckerberg  |  Tegnologie  |  Sosiale Media
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.