Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
Instagram vir kinders op pad

Die gewilde foto-app Instagram sê hy werk nou aan ’n weergawe vir kinders jonger as 13.

Instagram dink daaraan om ’n app te maak vir kinders onder 13. Foto: Unsplash

Volgens BuzzFeed News het die hoof van Instagram, Adam Mosseri, bevestig dat die maatskappy werk aan iets wat op kinders gemik is.

Facebook, wat Instagram besit, weet dat baie kinders Instagram wil gebruik, het Mosseri gesê, maar volgens BuzzFeed News is daar nog “geen plan gevorm” nie.

Mosseri het in ’n twiet bevestig hulle weet kinders vra hul ouers om Instagram te gebruik en werk aan ’n weergawe wat ouers beheer sal gee oor die app, soos hulle gedoen het met Messenger Kids. Meer inligting sal mettertyd bekend gemaak word.

Instagram se huidige beleid laat nie kinders jonger as 13 jaar toe om die platform te gebruik nie. Kinders mag ook nie ’n Facebook-rekening oopmaak voordat hulle 13 is nie.

Jeugprojek

Volgens BuzzFeed News het Vishal Shah, visepresident van Instagram, in ’n interne dokument aan personeel gesê dat jong mense deur die maatskappy as ’n prioriteit geïdentifiseer is.

Sy gemeenskapsproduktegroep sal fokus op privaatheids- en veiligheidskwessies “om die veiligste moontlike ervaring vir tieners te verseker”, het Shah geskryf.

Mosseri sal toesig hou oor die projek saam met visepresident Pavni Diwanji, wat toesig gehou het oor YouTube Kids terwyl sy by Google was.

Instagram het ook vroeër die week in sy blog gesê dat hulle daaraan werk om die platform veilig te maak vir sy jongste gebruikers, maar geen melding gemaak van ’n nuwe weergawe vir kinders jonger as 13 nie.

Om aanlyn produkte te mik op kinders onder 13 jaar, skep nie net kommer oor privaatheid nie, maar ook regskwessies.

Beskerming van kinders

In September 2019 het die Federale Handelskommissie Google met $170 miljoen beboet omdat hy die kykgeskiedenis van kinders dopgehou het om advertensies aan hulle op YouTube te lewer, ’n oortreding van die VSA se Children’s Online Privacy Protection Act (Coppa).

Facebook het in 2017 ’n advertensievrye weergawe van sy Messenger-kletsplatform vir kinders bekendgestel, wat bedoel is vir kinders tussen 6 en 12 jaar. Stryders vir kinders se gesondheid het dit as skadelik vir kinders bestempel en het die uitvoerende hoof, Mark Zuckerberg, versoek om dit te staak.

In 2019 het ’n fout in Messenger Kids kinders toegelaat om by groepe met vreemdelinge aan te sluit, en duisende kinders het gesels met ongemagtigde gebruikers.

Facebook het die ongemagtigde geselsies dadelik toegemaak, wat volgens hulle ’n klein aantal gebruikers geraak het.

Meer oor:  Facebook  |  Instagram  |  Tegnologie  |  Kletsapps  |  Sosiale Media  |  Kitsboodskapdiens
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.