Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
Instituut wil lewens verbeter met kunsmatige intelligensie

Die gebruik van kunsmatige intelligensie word al hoe meer ingespan om die ontwikkeling en lewensgehalte van mense te verbeter.

Mense wat Maandag se opening van die IIS bygewoon het, kon vir Pepper, ’n robot wat kunsmatige intelligensie gebruik om met mense te gesels, te ontmoet. Foto: Getty Images

So sê prof. Paul Babu, direkteur van die Instituut vir Intelligente Stelsels (IIS), wat Maandag by die Universiteit van Johannesburg (UJ) geopen het.

“Die vierde nywerheidsrevolusie is ontwrigtend, want take wat gewoonlik deur mense verrig is, word geoutomatiseer. Maar dit is nie noodwendig ’n negatiewe ding nie,” sê Babu.

Volgens hom sal studente by die nuwe instituut tegnologie ontwikkel om mense in verskillende sfere van die samelewing en die uitdagings waarmee hulle worstel te help.

“Studente is byvoorbeeld besig om self ’n hommeltuig te bou en ’n spesifieke toepassing wat op ’n slimfoon deur hardhorende mense gebruik kan word om hulle met hul daaglikse take te help. Tegnologie word toenemend aangewend om mense se lewensgehalte te verbeter.”

Mense het die geleentheid gehad om Pepper, ’n robot wat kunsmatige intelligensie gebruik om met mense te gesels, te ontmoet.

Mense wat Maandag se opening van die IIS bygewoon het, het die geleentheid gehad om Pepper, ’n robot wat kunsmatige intelligensie gebruik om met mense te gesels, te ontmoet.

“ ’n Robot soos Pepper is nou nog ’n nuutjie, maar die dag kom wanneer masjiene al hoe meer take by mense gaan oorneem,” sê Babu.

“Kunsmatige intelligensie beteken dat masjiene intelligente besluite neem. Dié tegnologie raak nou elke beroepsveld in die wêreld en dit is wat die opening van IIS so opwindend maak.”

Volgens Babu is die instituut van voorneme om die voorste akademici, navorsers, intellektuele leiers, studente en kundiges in te span om Suid-Afrikaners se lewens te vergemaklik deur die jongste tegnologie te gebruik.

“Dit beteken dat UJ volmaak geposisioneer is om nuwe moontlikhede vir ’n beter samelewing te ondersoek en te ontwikkel. Mense wat probleme op slim en vinnige maniere kan oplos, gaan al hoe meer in aanvraag wees. Wat voorheen as wetenskapfiksie beskou is, gaan nou ’n werklikheid in mense se lewens word.”

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.