Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
iPhone 6S: Oud maar nog nie koud

Die iPhone 6S is glad nie nuut nie, maar dit kan nou een van die mees besondere fone in die wêreld word.

apple
Apple het Maandag sy wêreldwye ontwikkelaarskonferensie gehou. Foto: Reuters

Die 6S word in September ses jaar oud, en dis stokoud vir ’n selfoon. Die meeste verbruikers wat ’n foon op kontrak koop, kry ’n nuwe een sodra die kontrak verstryk en in die meeste gevalle is dit twee jaar.

Mense met voorafbetaalde pakkette is egter nie al mense wat die 6S en 6S Plus steeds in hul sak het en daaraan vasklou nie – van hulle juis oor die foon se besondere kamera.

As jy steeds ’n 6S het, is daar nou meer rede om opgewonde te raak. Saam met die bekendstelling van die nuwe iOS 15-bedryfstelsel op Apple se wêreldwye ontwikkelaarskonferensie (WWDC) Maandag, het Apple aangekondig dat die iPhone 6S ook die nuwe bedryfstelsel sal ontvang sodra dit later vanjaar uitgereik word.

The Verge berig dat die iPhone 6S, 6S Plus en die eerste-generasie-iPhone SE, wat uitgekom het met iOS 9, van die oudste fone sal wees wat die nuwe weergawe van Apple se bedryfstelsel sal ontvang.

Die verwikkeling maak die 6S een van die oudste fone wat steeds deur ontwikkelaars ondersteun word.

Die iPhone 5S was vyf jaar oud toe hy sy laaste OS-opdatering, iOS 12, gekry het.

Samsung het onlangs bekend gemaak dat hy van sy toestelle vier jaar se veiligheidsondersteuning sal gee.

iPhone
Die iPhone 6S kry later vanjaar die nuwe iOS 15-bedryfstelsel. Foto: Unsplash

Daar is egter vrae oor of die foon se verouderde hardeware die nuwe bedryfstelsel en nuwe funksies sal kan hanteer.

Baie van die nuwe funksies, soos Apple se visuele soekfunksie soortgelyk aan Google Lens, Live-teks op foto’s, die portretfunksie in FaceTime en stapaanwysings in Maps is nie beskikbaar nie.

Volgens The Verge is daar steeds nuttige opdaterings wat die foon sal ontvang, soos kennisgewingsopsommings en die fokus-funksie om onderbrekings gedurende die dag te minimaliseer, video- en musiekdeling in FaceTime, en privaatheidsfunksies soos ’n weeklikse verslag oor hoe apps jou inligting gebruik.

Kyk gerus na Apple se WWDC 2021.

Meer oor:  Samsung  |  Apple  |  Slimfone  |  Tegnologie  |  Iphone 6S
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.