Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
Jhb se webtuiste vou wéér

’n Dispuut oor betaling tussen die Johannesburg-metro en ’n diensverskaffer het Woensdagoggend daartoe gelei dat die metro se webtuiste vanlyn was.

Volgens Herman Mashaba, burgemeester, is dit egter opgelos en behoort die webtuiste voor die einde van die dag weer terug aanlyn te wees.

“Daar was ’n dispuut met ons diensverskaffer oor fakture wat lank uitstaande was. Dit is onder my aandag gebring en my regspan het die probleem opgelos.”

Inwoners het Woensdag gekla dat hulle nie toegang tot e-dienste en die metro se rekeningstelsel het nie, waarop die metro op sy Twitter-rekening bevestig het dat sy webtuiste tydelik vanlyn is.

Mashaba het inwoners die versekering gegee dat hul inligting veilig is.

Dit kom nadat die webtuiste op 25 Oktober vanlyn was nadat dit glo deur kuberkrakers aangeval is.

Die kuberkrakergroep Shadow Kill het gedreig om sensitiewe inligting soos wagwoorde uit te lek as die metro hulle nie vier bitcoin (sowat R530 000) betaal nie.

Die metro het nie aan die kuberkrakers se eise gehoor gegee nie en sy webtuiste was teen die naweek ten volle herstel.

“Dis jammer dat mense hierdie soort taktiek gebruik,” sê Mashaba oor die kuberkrakers.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.