Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
Só lyk jongste kripto-miljardêr ter wêreld
Die 27-jarige Vitalik Buterin het Maandag die status van miljardêr bereik. Foto: Bloomberg

’n Russies-Kanadese programmeerder is amptelik gekroon as die jongste kripto-miljardêr ter wêreld.

Die Daily Mail berig die 27-jarige Vitalik Buterin het Maandag die status van miljardêr bereik nadat die digitale geldeenheid, Ethereum, na ’n nuwe hoogte van $ 3000 opgeskiet het.

Buterin is een van die stigters van Ethereum.

Hy het 333 000 Ether-munte - wat nou $ 1,029 miljard werd is.

Ethereum word al hoe gewilder in die wêreld van gedesentraliseerde finansies danksy die vinniger pas waarmee transaksies voltooi word.

Die eerste Ethereum-netwerk is in 2014 befonds. Die kripto-geldeenheid is in 2017 vir die eerste keer in gebruik geneem met ’n voorraad van 72 miljoen Ether-munte.

Volgens die Observer is Ethereum volgens markwaarde die tweede grootste kripto geldeenheid naas Bitcoin. Die waarde van beide kripto-geldeenhede het in 2020 en 2021 astronomies gestyg nadat die finansiële wêreld, insluitend institusionele beleggers, dit verwelkom het.

The Sun berig dat Buterin in Moskou gebore is maar in Kanada grootgeword het nadat sy gesin daarheen verhuis het toe hy ses jaar oud was.

Met sy aanleg vir wiskunde en programmering is Buterin sommer vroeg as ’n uitsonderlike student geïdentifiseer en op ’n spesiale program vir begaafdes gesit.

Buterin se pa, wat ’n sagteware firma bestuur, het hom die eerste keer aan Bitcoin bekendgestel. Hy het daarna vinnig opgang gemaak in die wêreld van kripto-geldeenhede en beroemdheid verwerf as die mede-stigter van die Bitcoin-tydskrif in 2011.

Buterin het onlangs in ’n onderhoud gesê dat alles wat deur owerhede of groot besighede beheer word “sleg is”.

“Ek het aangeneem dat mense by instellings dieselfde is as mnr. Burns van The Simpsons wat agter hul lessenaars sit en sê: ‘Uitstekend. Hoe kan ek ’n duisend mense vandag ’n rat voor die oë draai?’”


Meer oor:  Vitalik Buterin  |  Ethereum
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.