Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
Jou adres g’n geheim terwyl ramptoestand heers

Die Poskantoor mag jou adres aan die departement van gesondheid of die polisie gee as jy Covid-19 onder lede het of regstreeks fisieke kontak gehad het met iemand by wie die virussiekte gediagnoseer is.

Die Poskantoor in Goodwood, Kaapstad.

Jou adres mag ook aan enige ander staatsinstelling gegee word wat by die bestuur of beheer van die Covid-19-pandemie betrokke is.

Dis onder die regulasies wat die Onafhanklike Kommunikasieowerheid Maandag in die Staatskoerant uitgereik het en wat geld solank die land in ’n ramptoestand is.

Dit stem ooreen met die regulasies wat die regering magtig om Covid-19-lyers se bewegings deur middel van hul selfoon na te gaan om te probeer bepaal met wie hulle moontlik in kontak was. Dit is terugwerkend tot minstens 5 Maart.

Selfoonmaatskappye kan data van selfoontorings gebruik om te bepaal waar enige intekenare was terwyl hulle ’n oproep gemaak of ’n SMS gestuur het. Dit is dus teoreties moontlik om siekes se bewegings na te gaan deur na hul selfoonrekords te kyk.

LEES OOK: Ja, die regering mag nou jou bewegings dophou

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.