Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
Jou Fitbit – en dalk data – nou Google s'n

Google se moedermaatskappy, Alphabet, het Fitbit vir $2,1 miljard kontant gekoop.

Dit volg nadat Reuters reeds op 28 Oktober berig het dat daar sprake van só ’n transaksie is.

Fitbit se aandeelprys in New York het Vrydag met 16% gestyg kort ná dié aankondiging gemaak is.

Luidens ’n verklaring wat deur Google uitgereik is, gaan hy $7,35 per aandeel vir Fitbit betaal.

Die verkryging is Google se tweede groot transaksie vanjaar. In Junie het hy vir Looker, wat wolksagteware ontwikkel, gekoop.

Die transaksie gaan egter waarskynlik reguleerders se aandag trek.

Staats- en federale owerhede ondersoek Google vir moontlike mededingingsbeperkende praktyke wat verband hou met hoe verbruikersdata hanteer word en hoe hy digitale advertensie bestuur.

Google het Fitbit vir ’n stewige $2,1 miljard gekoop.Foto: Reuters

Hoewel Google nie ’n leier op die gebied van slimhorlosies of fiksheidsbandjies is nie, sal reguleerders in die VSA en elders waarskynlik vrae hê oor wat Google van voorneme is om te doen met die inligting wat Fitbit-gebruikers oor die jare heen gedeel het, insluitende inligting oor hul gesondheid en ligging.

“Streng privaatheid- en sekuriteitsriglyne is sedert dag een deel van Fitbit se DNS en dit sal nie verander nie,” sê Fitbit maatskappy in ’n verklaring.

“Die maatskappy verkoop nooit persoonlike inligting nie, en Fitbit-gesondheids- en welstanddata sal nie vir Google-advertensies gebruik word nie.”

Deur Fitbit te koop, het Google toegang tot ’n nuwe platform gekry, sowel as toegang tot die maatskappy se meer as 27 miljoen aktiewe gebruikers.

Volgens ’n verklaring deur die maatskappy het Fitbit meer as 100 miljoen toestelle verkoop en het hy ’n wêreldgemeenskap van miljoene aktiewe gebruikers. Google kan die onderneming ook kombineer met slimfoontegnologie wat dit vroeër vanjaar by Fossil Group gekoop het om nuwe produkte te help ontwerp.

– Bloomberg, verkort

Meer oor:  Google  |  Fitbit  |  Fiksheidsbandjies  |  Gesondheid  |  Maatskappye
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.