Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
Jou ou iPhone gaan die naweek ophou werk, tensy...
Een van Apple se ouer iPhones. Foto: Unsplash

Apple het ’n dringende waarskuwing uitgereik aan eienaars van iPhone 5 om die foon se bedryfstelsel voor Sondag by te werk, anders gaan die foon verskeie dienste verloor.

In ’n verklaring sê Apple dat die iPhone 5 vanaf Maandag, 4 November nie meer GPS-funksionaliteit, iCloud, e-pos of ander internetdienste sal ondersteun nie tensy eienaars seker maak hulle het die regte weergawe van die iOS-bedryfstelsel.

Die jongste weergawe van iOS wat die iPhone 5 moet hê, is weergawe 10.3.4. iPhone 5 ondersteun nie iOS 13 wat vroeër vanjaar uitgereik is nie. Ook nie iOS 12 of iOS 11 nie.

Die iPhone 5 is in September 2012 uitgereik en Apple het ’n jaar later opgehou om dit te vervaardig toe die iPhone 5S en 5C uitgereik is.

Word nog ouer toestelle geraak?

Inderdaad word ouer weergawes van iPhone soos die iPhone 4 ook deur die probleem geraak. Diegene met ’n iPhone 4 moet hul bedryfstelsel bywerk tot weergawe 9.3.6 voor Sondag of hulle gaan óók toegang tot die internet en ander dienste verloor.

Ouer generasies van iPad en iPad Mini loop ook die gevaar om vanaf Maandag van dieselfde probleme te ervaar as ouer iPhones.

Hoe dateer ek my foon op?

Diegene met ’n iPhone 5 sou in die laaste paar dae ’n aanmaning van Apple ontvang het om hul toestel se iOS by te werk.

Indien jy dit misgeloop het, kan jy die jongste programmatuur aflaai deur jou foon aan jou skootrekenaar te koppel en dit deur iTunes af te laai, of deur te gaan na jou foon se verstellings en dan na “general” en dan “software update”.

Ná 3 November gaan laasgenoemde opsie nie meer werk nie en sal jy jou foon aan ’n rekenaar moet verbind om die programmatuur af te laai.

Wat gaan nog breek as ek nie die jongste weergawe van iOS aflaai nie?

As jy ’n iPhone 5 of ouer besit en nie voor Sondag iOS 10.3.4 aflaai nie, gaan die foon se GPS oppak en gaan dit gevolglik nie meer sy ligging akkuraat kan bepaal nie.

Daar gaan ook probleme insluip met hoe die foon die tyd en datum kalibreer, wat uiteindelik tot probleme met sinchronisasie en die maak van rugsteunkopieë na iCloud gaan lei.

Die foon se internet gaan ook ophou werk en toegang tot die Apple-winkel gaan opgeskort word.

Meer oor:  Apple  |  Tegnologie  |  Iphone 5
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.