Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
Jy kan nuwe winterjas, duvet aanlyn bestel
Duvets mag onder vlak 4-inperking verkoop word. Foto: Unsplash

Items wat onder vlak 4-inperking as noodsaaklik beskou word, kan aanlyn bestel en afgelewer word, het Ebrahim Patel, minister van handel en nywerheid, bevestig.

Patel het Woensdagaand meer besonderhede gegee oor watter ondernemings tydens vlak 4-inperking, wat van Vrydag af geld, mag sake doen.

Hy het spesifieke melding van e-handelaars gemaak en gesê dat items soos winterklere, beddegoed, skryfbehoeftes, elektronika en selfone aanlyn bestel kan word.

E-handelaars mag die afgelope maand hoofsaaklik net kos, toiletware en ander noodsaaklik produkte afgelewer het.

Patel het ook gesê dat e-handelaars se aanbod “gaandeweg uitgebrei” sal word om ander produkte ook in te sluit.

E-handelaars soos OneDayOnly het die minister vroeër gekritiseer omdat hy gesê het dit sal onmededingend wees vir aanlyn winkels om enigiets te mag verkoop terwyl fisieke winkels nie mag nie.

E-handelaars beskou hulself egter as ’n veiliger opsie vir inkopies omdat dit die beweging van mense beperk wat andersins na ’n supermark sou moes gaan.

Onder vlak 4-inperking sal ’n verskeidenheid van elektronika verkoop mag word, insluitende selfone, skootrekenaars en ander “kantoortoerusting”, het Patel gesê.

Dit is nie duidelik of dit kantoormeubels soos lessenaars en stoele insluit nie.

Die regulasies bepaal wel dat “toerusting om werk van die huis af moontlik te maak” verkoop mag word.

Meer oor:  Staat Van Inperking  |  Koronavirus  |  E-Handel  |  Vlak 4  |  Covid-19  |  Tegnologie  |  Aanlyn Inkopies  |  E-Handelaar
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.