Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
Jy mag nie smous met jou Facebook-regte
facebook
Facebook bepaal jy mag nie jou admin-regte tot groepe verkwansel nie. Foto: Getty Images

Jy mag nie jou regte as administrateur van ’n groep op Facebook verkoop nie, sê die sosiale netwerk.

Facebook het miljoene groepe, sommige met honderdduisende lede.

Sulke groepe word ’n magtige kommunikasiemiddel en die administrateursregte daarvan ’n gesogte kommoditeit.

Die BBC het ondersoek ingestel na administrateurs wat hierdie regte verkwansel het.

In November het bykans 25 000 inwoners van Wes-Londen ’n gemeenskapsgroep uit protes verlaat nadat dit aan die lig gekom het dat die administrateursregte opgeveil is.

Die nuwe “eienaars” wou toe begin om lede geld te vra om goedere en dienste in die groep te smous.

By navraag het Facebook bevestig gebruikers mag nie bepaalde regte op die platform verkoop nie en dat administrateurs die rol vrywillig vervul.

Dieselfde geld vir administrateurs van sogenaamde “fan pages” wat opgestel word in die naam van bekendes en bekende handelsname.

Die verkoop van hierdie regte kom neer op vals advertering en die verspreiding van gemorspos, sê Facebook in sy bepalings en voorwaardes.

Van die grootste Facebook-groepe in Suid-Afrika sluit in die Mamahood-franchise. Die Kaapse Mamahood-groep het byna 70 000 lede en die een vir Gauteng meer as 74 000.

Groepe vir die koop en verkoop van goedere en dienste is wel verreweg die gewildste in Suid-Afrika met party wat tot ’n halfmiljoen lede of meer het.

Meer oor:  Facebook  |  Tegnologie  |  Sosiale Media
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.