Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
Jy sal net hier na die WB kan kyk

Rugbyliefhebbers sonder DStv se premiumpakket sal maar by ’n vriend se huis of hul naaste kroeg moet gaan aanklop om enige van die Wêreldbeker-rugbytoernooi se wedstryde te kyk.

KUMAGAYA, JAPAN - SEPTEMBER 06: Makazole Mapimpi o
Makazole Mapimpi van die Springbokke hardloop verby Kotaro Matsushima van Japan. Foto: Koki Nagahama/Getty Images

Geen wedstryd gaan op ’n kanaal wat beskikbaar is op goedkoper pakkette – of enige van die SAUK se televisiekanale of radiostasies uitgesaai word nie.

SuperSport het bevestig al 48 Wêreldbekerwedstryde gaan op SuperSport 1 uitgesaai word. Hierdie kanaal is net beskikbaar op DStv se duurste pakket wat R809 per maand kos.

SuperSport besit die eksklusiewe uitsaairegte van al die Wêreldbekerrugby se wedstryde in Afrika suid van die Sahara.

Vuyo Mtembu, woordvoerder van die SAUK, het Maandag bevestig die openbare uitsaaier kon weens “kommersiële redes” geen regte vir enige van die wedstryde bekom nie.

Omdat SuperSport al die televisieregte besit, moes die SAUK met die uitsaaier onderhandel om van die wedstryde uit te saai.

Volgens Mtembu kon geen ooreenkoms aangegaan word nie.

Die wedstryde kan ook nie op enige radiostasie uitgesaai word nie omdat die SAUK nie met IMG, ’n wêreldwye bestuurder van uitsaairegte van sport, onderhandel het nie.

Joe Heshu, hoof van korporatiewe sake by MultiChoice wat SuperSport besit, het bevestig dat die SAUK aanvanklik ’n aanbod gemaak het om van die uitsaairegte vir televisie te bekom, maar dit later onttrek het.

Volgens Heshu het die SAUK beperkings op sy begroting en probleme met skedulering as redes aangevoer.

MultiChoice besit ook nie die uitsaairegte van wedstryde op Suid-Afrikaanse radiostasies nie, het Heshu bevestig.

Tydens die vorige Wêreldbeker-toernooi in 2015 het die SAUK 29 wedstryde regstreeks en gratis uitgesaai.

Umhlobo Wenene, ’n SAUK-radiostasie, het al 49 wedstryde regstreeks uitgesaai en ander radiostasies soos RSG het al die Springbokwedstryde uitgesaai.

Ook nie op Showmax

Showmax het by navraag bevestig hy gaan ook geen wedstryd uitsaai nie.

Dié plaaslike stromingsdiens het vroeër vanjaar begin om sport regstreeks uit te saai sowel as hoogtepunte van belangrike sportwedstryde.

Richard Boorman, kommunikasiehoof van Connected Video, waarvan Showmax deel is, sê daar is geen planne om enige beeldmateriaal van die Wêreldbekerrugby te bied nie.

Uitsaairegte vir groot sportgeleenthede soos die Wêreldbekerrugby beloop etlike miljoene rande.

Die prys verskil ook van land tot land afhangende van hoe groot die moontlike gehoor gaan wees.

Derhalwe sal die uitsaairegte vir Suid-Afrika heelwat meer wees as vir ander lande in Afrika omdat Suid-Afrikaners verreweg die meeste van DStv se premiumkykers uitmaak.

Intussen het die organiseerders van die Wêreldbeker-rugbytoernooi bevestig dat inwoners van lande waar geen uitsaairegte bekom is nie, al die wedstryde gratis aanlyn sal kan kyk.

Dit sluit in sommige Europese lande en dele van Suid- en Sentraal-Amerika.

Meer oor:  Sauk  |  Multichoice  |  Dstv  |  Televisie  |  Supersport  |  Uitsaairegte  |  Rugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.