Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
Kaalfoto’s van miljoene mans beland aanlyn

Die gebruikers van ’n gewilde afspraak-app vir gay mans is rooi in die gesig nadat dit bekend geword het dat intieme foto’s weens ’n veiligheidsfout maklik gesien kan word deur enigiemand wat toegang tot ’n soekenjin het.

Miljoene gebruikers van die gay-afspraakapp Jack’d se intieme foto’s het weens ’n sekerheidsfout aanlyn beland.Foto: Unsplash

Minstens vyf miljoen gay mans gebruik Jack’d om ander mans, hoofsaaklik vir seks, te ontmoet.

Hoewel gebruikers se profielfoto’s geen naaktheid mag bevat nie, laat Jack’d mans toe om in privaat boodskappe gewaagde kaalfoto’s aan mekaar te stuur.

Die app het egter nie dié foto’s veilig bewaar nie, en dit is op dieselfde bediener as die gebruikers se “veilige” foto’s sonder naaktheid gestoor.

Enigiemand met toegang tot ’n soekenjin soos Google, wat weet waarna om te soek, sou al die kaal kiekies kon sien, berig die BBC.

Die app het glo die fout intussen reggestel, maar het nog nie ’n verklaring daaroor uitgereik of sy gebruikers verskoning gevra nie.

Jack’d onderskei homself van ander soortgelyke apps vir gay mans deurdat hy meer “riskante” gedrag, soos die oplaai en stuur van eksplisiete foto’s, toelaat.

Gebruikers is wel veronderstel om te kan beheer wie hierdie foto’s sien.

Oliver Hough, ’n kubersekerheidskenner, het die fout eerste opgetel, waarna The Register daaroor berig het.

The Sun wys daarop dat die blootstelling van miljoene mans se private foto’s verreikende gevolge kan inhou, veral in lande waar homoseksualiteit onwettig is.

Gebruikers loop ook die risiko om afgepers te word indien hulle nie gereed is of verkies om nie openlik oor hul seksuele voorkeure te wees nie.

Die foto’s kan met ’n eenvoudige soektog gevind word sonder dat jy enigsins die app hoef af te laai of vir die diens registreer.

Jack’d weet glo reeds drie maande van die fout, maar het dit nou eers reggestel.

Dit is nog nie bekend of die “regstelling” beteken dat al die foto’s van die soekenjins verwyder is en of dit bloot beteken dat nuwe foto’s wat op Jack’d gelaai word, nie weer in soekresultate sal opduik nie.

Meer oor:  Homoseksualiteit  |  Slimfone  |  Kuberkrakers
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.