Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
Kat se kwaal met slimfoon bepaal

Mense wat mal is daaroor om foto’s van hul katte te neem, het nou ’n goeie verskoning om hul slimfoon uit te pluk en op die katte te rig.

Dr. Liz Ruelle gebruik die slimfoon-app Tably om te bepaal of ’n kat pyn ervaar by die Wild Rose Cat-kliniek in Calgary, Kanada.Foto: Reuters

’n Nuwe selfoon-app is ontwikkel wat die foto van jou wollerige troeteldier gebruik om te bepaal of die kat pyn het.

Die Kanadese maatskappy Sylvester­.ai het die app Tably ontwikkel.

Die kat se ore, posisie van die kop, oë wat op skrefies getrek is en spanning in die spiere en snorbaarde word gebruik om te bepaal of die kat ’n kwaal het.

Dr. Liz Ruelle van die Wild Rose­ Cat-kliniek in Calgary het die app op haar pasiënte getoets en glo dit is ’n goeie hulpmiddel om katte se gesondheid te verbeter en te verseker.

“Dit sal veral gegradueerdes wat nog nie baie werkervaring het nie, help om vas te stel of die kat-pasiënt pyn ervaar,” sê sy.

Alice Potter van die Britse dierebeskermingsvereniging RSPCA, het Tably verwelkom, maar waarsku dat katte ook met ander liggaamsdele as die gesig wys wanneer hulle ontevrede is.

“Katte wys met hul sterte wanneer hulle gespanne is. Mense moet ook steeds oplet na katte se eet- en drinkgewoontes, slaappatrone en ander gedrag,” sê Potter.

Miche Priest, woordvoerder van Sylvester.ai, sê Tably is ontwikkel deur gebruik te maak van die kattegrimasskaal Feline Grimace Scale (FGS). Navorsing oor die FGS is in 2019 in die wetenskapsjoernaal Scientific Reports gepubliseer en word beskou as ’n geldige en betroubare hulpmiddel vir die beoordeling van akute pyn in katte.

Priest sê verskillende foto’s van katte is in ’n masjien ingeskandeer en die masjien is daarna geprogrammeer om tekens van ongemak en pyn raak te sien. – Reuters

Meer oor:  Katte  |  Slimfone  |  Foto's
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.