Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
Keer só dat jy nuwe, foutiewe Windows kry
Microsoft is een van die wêreld se grootste tegnologiemaatskappye. Foto: Reuters

Groot kommer heers oor ’n nuwe bywerking van Windows 10 wat volgens berigte lukraak gebruikers se dokumente en foto’s uitwis.

Windows se sogenaamde October 2018 Update (weergawe 1809) gee vir talle gebruikers probleme sedert dit verlede week op Microsoft se Surface-konferensie bekend gestel is.

Die tegnologiereus het intussen die fout erken en die nuwe bywerking aan die mark onttrek.

Dit beteken niemand sal meer weergawe 1809 met die hand kan aflaai nie, maar as jou toestel dit reeds outomaties afgelaai het, sal jy met die hand moet gaan keer dat dit geïnstalleer word.

Hoe kan ek keer dat weergawe 1809 op my rekenaar installeer?

Windows laai normaalweg outomaties nuwe bywerkings van die bedryfstelsel op die agtergrond af en installeer dit ook self.

Dit is nie so maklik om hierdie proses te onderbreek nie, berig Softpedia News.

Die eenvoudigste manier om die bywerking te keer, is om al die betrokke lêers van jou rekenaar te wis.

Gaan na C:\Windows\SoftwareDistribution\Download en vee alle lêers daarin uit.

Indien Windows reeds die nodige lêers vir weergawe 1809 afgelaai het, maar dit nog nie geïnstalleer het nie, sal dit daar verskyn.

Indien die lêer leeg is, beteken dit weergawe 1809 is nog nie afgelaai nie, en sal ook nie afgelaai word nie aangesien Microsoft dit aan die mark onttrek het.

Hoe weet ek of my rekenaar reeds weergawe 1809 het?

Jy kan nagaan watter weergawe van Windows jy het deur die Windows-knoppie op jou toetsbord te druk, die woord “about” te tik, en onder “Windows specifications” te kyk watter weergawe van Windows jy het.

Nie almal met weergawe 1809 word deur die gogga geraak wat jou lêers en foto’s wis nie. So indien jou rekenaar reeds aandui jy het weergawe 1809, moenie paniekerig raak nie en gaan kyk eers of van jou dokumente of foto’s verdwyn het.

Meer oor:  Microsoft  |  Windows 10  |  Tegnologie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.