Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
Kiwi-babas gemaan oor hul belasting

Babas van selfs jonger as ’n jaar oud het dié week in Nieu-Seeland kennisgewings gekry dat hul jaarlikse belastingopgawes tans geëvalueer word.

baba generies
Baba's wat kennisgewings van Jan Taks gekry het hoef darem nie inkomstebelasting te betaal nie, al het die sisteem hulle gekontak. Foto: Pixabay

Toe ouers op sosiale media daaroor begin praat, het die Nieu-Seelandse Inkomstediens (IRD) glo bewus geraak van die fout en om verskoning gevra.

Hulle het ook bevestig dat babas nie inkomstebelasting hoef te betaal nie, berig Newshub.

Die Nieu-Seelandse belastinggaarder ondergaan tans die grootste opknapping van sy stelsels in ’n baie lang tyd, word daar in Stuff berig.

Met sy nuwe stelsel wil hulle outomaties belastingopgawes genereer gegrond op die inligting oor inkomste en uitgawes wat deur verbruikers se bankrekeninge beskikbaar is. Dié stelsel is egter nog nie heeltemal gereed nie.

Dit is waarom Lachlan, ’n baba van agt maande oud, ’n kennisgewing van die IRD ontvang het. Sy pa was baie verbaas, maar het dadelik besef dit moet ’n fout wees.

“Dit is óf ’n fout, óf klein Lachlan werk iewers waar ek en sy ma nog nie was nie. Dit sal interessant wees, aangesien hy tans dag en nag by ons is,” het Rowan aan Newshub gesê.

Die IRD het in ’n verklaring gesê hy probeer nog vasstel hoeveel mense (en babas) geraak is deur hul fout.

Die inkomstediens het wel die gerusstelling gegee dat geen babas, wat nie in die laaste jaar gewerk het vir ’n salaris, enigsins belasting aan die staat verskuldig is nie.

Meer oor:  Nieu-Seeland  |  Jan Taks  |  Belasting
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.