Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
Kliek-kliek: Die nuwe manier van karre koop

Die internet raak toenemend die winkelvenster vir voertuigkopers.

Meer as 1,7 miljoen soektogte was spesifiek vir wit voertuie. Dit was verreweg die gewildste kleur.

Aanlyn soektogte op AutoTrader, Suid-Afrika se grootste aanlyn platform vir motorverkope, het in die afgelope jaar met 30% gegroei, sê George Mienie, AutoTrader se uitvoerende hoof.

AutoTrader het in dié 12 maande 290 miljoen aanlyn soektogte geregistreer. Altesame 84% van alle voertuie wat op die platform geadverteer is, is verkoop en die gemiddelde verkoopprys was R280 309.

Volgens AutoTrader se 2019 Car Industry Report is 88% van alle voorraad van Volkswagen Polo’s wat op die platform geadverteer is, verkoop. Die gemiddelde prys was R212 748 en die odometerlesing was gemiddeld 53 360 km.

Altesame 90% van die totale voorraad VW Polo Vivo’s is verkoop teen gemiddeld R161 734 en die gemiddelde kilometerlesing was net meer as 43 000 km.

In die derde plek was Ford Ranger met 84% van die totale voorraad wat verkoop is. Die gemiddelde jaartal was 2015 en die prys R288 990.

k

Uit die soektog-data is dit duidelik Suid-Afrikaners soek veral bakkies en luikrug-motors. En die voertuie moet verkieslik wit wees.

Meer as 1,7 miljoen soektogte was spesifiek vir wit voertuie. Dit was verreweg die gewildste kleur, gevolg deur swart en silwer.

Die topvyf handelsname waarna die afgelope jaar aanlyn gesoek is, is BMW, Volkswagen, Toyota, Mercedes-Benz en Audi. Die topdrie, wat 3,2% van die Suid-Afrikaanse mark verteenwoordig, was verantwoordelik vir 25% van alle handelsnaam-soektogte.

K

Net meer as 7% van alle soektogte (20,6 miljoen) die afgelope jaar was vir BMW’s, gevolg deur Volkswagen met 6,6% (19,2 miljoen) van alle soektogte, blyk uit die verslag.

Porsche, met 3,7 miljoen soektogte, was onder die top-tien handelsname waarna verbruikers gesoek het.

Wanneer dit by modelle kom, was die top-drie bakkies of luikrug-voertuie: Toyota Hilux, Volkswagen Polo en die BMW 3-reeks.

Altesame 5,7 miljoen soektogte was vir Hilux en 4,9 miljoen vir Polo. Dit is onderskeidelik 2% en 1,7% van alle soektogte volgens model.

Wat model-variante betref, was 0,16% van alle soektogte in die kategorie vir die VW Golf GTI (470 544 soektogte), gevolg deur die VW Polo GTI (0,12% of 352 344 soektogte).

AutoTrader het ook gevind baie voornemende kopers soek volgens ’n voertuig se vorm, soos sportnutsvoertuie, dubbel- of enkelkajuitbakkies, of koepees.

K

Dié inligting is volgens Mienie veral nuttig wanneer ’n model in verskeie vorme kom, soos die Audi A3-luikrug en die Audi A3-sedan.

Die data wys 4 miljoen soektogte vir sportnutsvoertuie sonder dat ’n handelsnaam of model gespesifiseer is.

Volgens Mienie het ’n handelaar op ’n webblad net 15 sekondes om ’n verbruiker te oortuig om sy voertuig te kies. Verbruikers bestee gemiddeld vyf minute op AutoTrader se webblad, maar in dié tyd kyk hulle na verskillende bladsye om voertuie te vergelyk.

Die meeste voertuigtransaksies word steeds by die handelaar beklink, soos tradisioneel die geval was. “Die invloed van die internet beteken egter motorkopers doen hul navorsing aanlyn voordat hulle ’n voertuig koop.”

k

Hy sê die jongste verslag sal voertuigvervaardigers en handelaars help met bemarking omdat voertuie nie net meer meeding op grond van kategorie nie, maar ook op grond van waar die verbruiker sy aandag toespits.

Verkopers sal ’n beter begrip hê van die voorraad wat hulle moet hou, en die inligting gee vervaardigers insig oor watter voertuig in ’n bepaalde produkreeks die meeste aandag van verbruikers kry.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.