Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
Knoppies? Watter knoppies?

Jy hoef deesdae omtrent nie meer aan geld te vat nie, maar elke keer as jy toilet toe gaan of ’n hyser wil gebruik, moet jy ’n knoppie druk wat al deur honderde mense voor jou gebruik is.

Te oordeel aan nuwe tegnologie wat in Japan – waar anders? – ontwikkel is, kan dit dalk eersdaags iets van die verlede wees om op enige knoppie te druk.

Japan het ’n geskiedenis van toilettegnologie: Jy kan reeds die toilet sitplek verhit, jou bloeddruk meet, jou urine toets of eenvoudig die bak laat skoonmaak met die druk van ’n knoppie.

Volgens Popular Mechanics is Japannese ontwikkelaars nou besig om holografiese knoppies te ontwikkel vir ’n nog meer higiëniese ervaring.

’n Japanse maatskappy genaamd Murakami Corporation, wat spesialiseer in die vervaardiging van truspieëls vir motors, het ’n vennootskap aangegaan met Parity Innovations, ’n digitale onderneming wat holografiese vertoontegnologie ontwikkel. Saam het hulle ’n holografiese beheerpaneel geskep wat in die lug “dryf”.

Die Parity Mirror is slim tegnologie wat fyn ligstrale verdeel met behulp van optiese elemente en dan drywende beelde vorm.

Die druk van knoppies kom ook tot ’n einde, maar ons begin eers in die toilet. Foto: Murakami Corporation

Die drywende beelde wat deur ’n Parity Mirror geskep word, kan op elke posisie gesien word, ongeag die rigting en afstand van waar jy daarna kyk.

Volgens Parity skep dit die “illusie van iets wat werklik teenwoordigheid is”. Die Parity Mirror word dan gekombineer met infrarooi sensors, wat die teenwoordigheid van ’n vinger kan opspoor sonder dat dit ooit fisiek kontak maak.

Nie net in die toilet nie

Murakami Corporation reken die tegnologie kan in hysers, by enige ingang en by kitsbanke – en natuurlik in openbare toilette – gebruik word.

Moet egter nie verwag om binnekort enige van die holografiese beheerpanele te sien nie, want die Murakami Corporation is van plan om dit eers in 2022 te vervaardig.

Daar is wel reeds in Singapoer ’n hotel met hysers wat reeds met soortgelyke tegnologie toegerus is.

Meer oor:  Knoppies  |  Hologramme  |  Tegnologie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.