Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
Koebaai, Allo: Google groet sy kletsdiens
Google se antwoord op WhatsApp, Allo, gaan sluit.Foto: Google

Google se antwoord op WhatsApp het in die hek geduik en gaan sluit, het die tegnologiereus Woensdag aangekondig.

Google Allo, ’n kletsapp waarop gebruikers ook foto’s, stemboodskappe en video’s kon stuur, gaan einde Maart sluit, sê Google in ’n verklaring.

Die maatskappy het Google Allo in 2016 begin as ’n sogenaamde “slim app” met soekfunksies en Google se assistent ingebou in die kletsbalkie.

Die maatskappy bedryf terselfdertyd twee ander soortgelyke apps, naamlik Hangouts en Duo.

Anil Sabharwal, groephoof van kommunikasie by Google, het reeds in April gesê Allo vaar nie te watwonders nie en dat die maatskappy nie meer verder daarin gaan belê nie.

Die jongste aankondiging maak dit ook duidelik dat diegene wat wel Allo gebruik, tot einde Maart het om ’n rugsteunkopie van al hul gesprekke te maak. Daarna gaan gebruikers nie meer toegang tot die diens hê nie.

Intussen fokus Google op sy nuwe boodskapdiens wat die bestaande een op Android-toestelle gaan vervang.

Lees ook: Android vervang gou SMS, maar hoe veilig is dit?

Waar die ou diens standaard-SMS-tegnologie gebruik om boodskappe te stuur, gaan die nuwe een dit met ’n universele stelsel genaamd RCS, oftewel Rich Communication Services, vervang.

Dit werk soortgelyk aan Apple se iMessage waarmee iPhone-gebruikers gratis boodskappe aan mekaar kan stuur.

Hangouts gaan ook ’n gedaanteverwisseling ondergaan, sê Google. Die maatskappy beplan om dit sy kommersiële aanbod te maak as kommunikasiemiddel vir kollegas, soortgelyk aan Facebook se Workplace en die immergewilde Slack wat reeds ’n groot markaandeel op dié gebied geniet.

Meer oor:  Google  |  Kletsdiens  |  Allo  |  App  |  Tegnologie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.