Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
Koop dié reuse-diamant uit jou digitale beursie

’n Vlekkelose diamant ter waarde van $15 miljoen sal slegs Vrydag van die hand gesit word as die koper in kriptogeld kan betaal.

The Key is meer as 101 karaat. Foto: Sotheby's

Sotheby’s gaan die peervormige diamant bekend as The Key in Hongkong opveil in ruil vir betaling in bitcoin of ether, die twee bekendste kriptogeldeenhede.

Sou die diamant van 101.38 karaat Vrydag teen die verwagte prys verkoop, sal dit die duurste fisieke voorwerp wees wat tot nog toe met kriptogeld in die openbare domein gekoop is.

Josh Pullan, besturende direkteur van Sotheby’s se luukshede-afdeling, sê ’n jong en digitaal gedrewe generasie se soeke na kosbare edelstene is besig om toe te neem; dis veral jong Asiërs wat die aanvraag dryf.

Hy het aan Bloomberg gesê ’n suksesvolle transaksie sal ook beteken kriptogeldeenhede het nog ’n mylpaal bereik.

Die aanvaarding van kriptogeldeenhede deur veilingshuise is egter nie nuut nie.

Verlede maand het Phillips ’n kunswerk van die straatkunstenaar Banksy verkoop vir ether of bitcoin.

Christie’s het ook in Februarie ether as betaling aanvaar vir ’n stel digitale kunswerke.

Volgens George Bak, ’n Switserse kunskurator by die Museum of Contemporary Digital Art, is baie veilingshuise verras met die getal kopers wat verkies om met kriptogeldeenhede te betaal.

“Baie mense het baie vinnig ryk geword uit die wisselvallige gedrag van die kripto-mark oor die afgelope jaar en dié mense is nou lus om dit te bestee,” sê Bak.

“As jy dus mededingend wil bly in die kunswêreld, hetsy as ’n handelaar of veilingshuis, moet jy versamelaars toelaat om met kriptogeldeenhede te betaal.”

Hy sê dis die verkoper wat die grootste risiko loop met kripto se onvoorspelbare vertonings.

“Dit is nog vroeg, maar dié hibriede manier van digitale geld uit ’n digitale beursie inruil vir kuns hou baie potensiaal in.”

Meer oor:  Digitale Geld  |  Sotheby's  |  Kriptogeld  |  Ether  |  Diamante  |  Bitcoin  |  Veilings
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.