Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
Koop en verkoop nou sommer in WhatsApp
WhatsApp is die wêreld se gewildste kletsdiens. Facebook besit WhatsApp.

Facebook, die eienaar van WhatsApp, het ’n nuwe funksie bekend gestel waarmee ondernemings produkte en dienste binne die kletsdiens kan adverteer en verkoop. Die stap is deel van Facebook se volgehoue pogings om ’n inkomste deur WhatsApp te genereer.

Facebook het WhatsApp in 2014 vir $19 miljard gekoop. Die sosialemediareus probeer reeds ’n geruime tyd om sy inkomste te verhoog wat hy uit platforms soos WhatsApp en Instagram verdien. Die Facebook-platform maak nog goed geld uit advertensies, maar sukkel om nuwe gebruikers te lok.

Die stap om produkte regstreeks op WhatsApp te kan smous, volg op ’n soortgelyke funksie wat in Maart op Instagram ingestel is. Dit laat gebruikers toe om produkte in die app te koop wat ondernemings in plasings adverteer.

Dit sal wel nie presies dieselfde op WhatsApp werk nie. Gebruikers sal steeds na derdepartye se webwerwe herlei word om die transaksie te beklink. Ondernemings sal wel WhatsApp beter kan benut om hul produkte en dienste ten toon te stel.

“Ons maak ’n nuwe handelsgeleentheid moontlik,” sê Amrit Pal, produkbestuurder by WhatsApp.“Ons hoor daagliks by ondernemings dat WhatsApp die plek is waarop hulle met hul kliënte skakel, eerder as op hul webwerf.”

Facebook het verlede jaar bekend gemaak hy gaan ondernemings ’n vaste tarief begin vra om boodskappe aan potensiële kliënte te stuur, wat van $0,05 tot $0,90 per boodskap wissel.

Meer as 100 ondernemings gebruik reeds daardie funksionaliteit. - Reuters

Meer oor:  Whatsapp  |  Facebook  |  App  |  Tegnologie  |  Kletsdiens
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.