Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
Koop petrol sonder om aan iets te raak

Jy kan nou petrol koop sonder om aan enige mobiele betaaltoestel, kaart of kontant te vat.

Te midde van die verhoogde kommer oor higiëne en veiligheid in die koronaviruspandemie het die brandstofmaatskappy Engen sy nuwe slimfoon-toepassing, die Engen 1app, bekend gestel.

Engen se 1app laat jou toe om kontaklose brandstofaankope te doen. Foto: Engen

Seelan Naidoo, hoofbestuurder vir kleinhandel van Engen, sê namate die inperkingsregulasies verslap word, ry meer mense rond, en ter voorbereiding van meer besoeke aan Engen-vulstasies, het die groep die bekendstelling van die nuwe app verhaas.

Volgens Naidoo het Engen ook ander maatreëls by sy meer as 1 000 vulstasies landwyd ingestel om higiëne te verbeter, soos om alle toerusting en oppervlakke gereeld skoon te maak. Petroljoggies moet ’n veilige afstand van klante behou, hul gesigmaskers te alle tye dra en hul hande gereeld was.

Motoriste kan die Engen 1app van die Apple App Store of Google Play aflaai. Hul lojaliteitspunte word via die app outomaties geregistreer by Engen se lojaliteitsvennote, wat Clicks Clubcard, FNB eBucks en Edcon Thank U insluit.

Die app wys jou ook waar jou naaste Engen-vulstasie is, en jy kan dit gebruik as ’n digitale logboek vir kilometers afgelê. Dit hou boek van alle brandstofaankope en laat jou weet van spesiale aanbiedings.

Die kenteken van Engen se nuwe 1app.
Meer oor:  Engen  |  Tegnologie  |  Petrol  |  Apps  |  Brandstof
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.