Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
Koop, verkoop gou binne WhatsApp
WhatsApp gaan ’n nuwe funksie bekend stel waarmee gebruikers vir goedere en dienste binne die app kan betaal. Foto: Getty Images

Ondernemings en individue sal een van die dae goedere en dienste regstreeks in WhatsApp kan aanskaf.

WhatsApp, wat aan Facebook behoort, het Donderdag in ’n inskrywing op sy blog sy planne verklap vir ’n nuwe betaalstelsel binne die kletsdiens.

WhatsApp Business vir ondernemings is reeds op dreef, maar anders as Facebook self asook Instagram, kan WhatsApp-gebruikers nog nie regstreeks vir goedere en dienste op die platform betaal nie.

WhatsApp sien ’n toekoms waarin ondernemings met moontlike kliënte in gesprek tree op sy platform. Sodra ’n transaksie beklink word, kan die kliënt sommer daar en dan vir die diens of produk betaal.

Betaling sal ook regstreeks in WhatsApp geskied.

Facebook en Instagram bied reeds gevorderde funksionaliteit wat die verkoop van items betref.

Inkopiegangers kan reeds items vanaf Instagram en Facebook aanskaf en daarvoor betaal.

WhatsApp for Business verbind daagliks miljoene mense met ondernemings, wat dit ’n vanselfsprekende volgende stap maak om verkope regstreeks te bewerkstellig.

Volgens WhatsApp stuur 175 miljoen mense op ’n daaglikse grondslag ’n boodskap aan ’n onderneming op die platform.

“Ons navorsing wys dat mense eerder ’n boodskap aan ’n onderneming wil stuur as hulle soek na hulp en dan meer geneig is om ’n aankoop te maak as hulle kan,” sê WhatsApp.

WhatsApp se kerndiens, naamlik gesprekvoering, bly egter gratis. Die maatskappy het ook geen melding gemaak oor of hy advertensies binne gesprekke wil invoeg nie – ’n omstrede kwessie wat hy voorheen as ’n moontlikheid geopper het ten einde die diens winsgewender te maak.

Daar is nog geen aanduiding oor wanneer WhatsApp die nuwe funksionaliteit rondom betalings wil instel nie.

Meer oor:  Whatsapp  |  Facebook  |  Instagram  |  App  |  Tegnologie  |  Aanlyn Inkopies  |  Kletsdiens
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.