Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
Koronavirus: Leë konferensies en nóg fabrieke sluit

Die jaarlikse Mobile World Congress (MWC), die wêreld se grootste saamtrek van tegnologiemaatskappye, gaan heelwat minder deelnemers hê weens die nuwe koronavirus (2019-nCoV) wat in Wuhan, China, uitgebreek het.

koroona-virus
Gesondheidswerkers in beskermende klere meet die liggaamstemperatuur van reisigers wat van die Chinese stad Wuhan in Beijing aankom. Foto: AP

Die tegnologiereus LG het Woensdag bevestig hy gaan soos die Chinese selfoonmaatskappy ZTE sy sentrale uitstalling op die Barcelona-byeenkoms onttrek.

Die byeenkoms, wat vanjaar van 24 tot 27 Februarie aangebied word, lok gewoonlik derduisende mense wat wil weet wat vanjaar gaan gebeur met alles rondom draagbare tegnologie. Met twee groot uitstallers wat reeds onttrek het, is daar aanduidings dat ander uitstallers ook herbesin.

LG sê sy besluit kom nadat die meeste mediese kenners mense gewaarsku het teen reise wat honderde werknemers “onnodig” kan blootstel aan die virus.

ZTE en LG is gewoonlik die twee grootste uitstallers.

Ander maatskappye oorweeg tans hul opsies.

Huawei oorweeg dit om sy bestuurslui vroeër na Barcelona te laat kom om ’n moontlike reisverbod te systap, maar kan ook besluit om te onttrek.

Lenovo en Xiaomi oorweeg nog hul planne na gelang van die jongste inligting oor die virus.

Lugvaartbedryf trek swaar

Airbus en Boeing is die nuutste reuse in die vervaardigingsektor wat fabrieke in China moet sluit.

Dit kom slegs ’n dag nadat talle motorvervaardigers, wat nie noodwendig in China geleë is nie, aangekondig het hulle moet produksie staak weens ’n tekort aan onderdele uit China.

Airbus sê sy aanleg in Tianjin, oos van Beijing, sal langer gesluit moet bly weens ’n reisverbod en die regering wat werkers aanraai om eerder tuis te bly ter wille van hul gesondheid.

Dié aanleg vervaardig gewoonlik ses A320-vliegtuie per maand, wat 10% van die maatskappy se globale produksie is van enkelry-vliegtuie.

Boeing se aanleg in Zhoushan, buite Shanghai, moes ook sy sluiting met minstens ’n week verleng namate die virus aanhou versprei. – Bloomberg, verwerk

Meer oor:  Zte  |  Huawei  |  Lg  |  Lugvaart  |  Vervaardiging  |  Tegnologie  |  Nywerhede  |  Tegnologiemaatskappye  |  Produksie  |  Koronavirus
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.