Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
Koronavirus: Ontsmet só jou foon

Die koronavirus kan tot nege dae op die oppervlak van ’n selfoon oorleef, het studies bevind.

Te midde van die vinnige verspreiding van dié virus wêreldwyd word daar toenemend gefokus op die belangrikheid van persoonlike higiëne, maar selfone bly ’n gevaarlike draer van kieme.

Al was jy jou hande etlike kere per dag, kan jy steeds kieme en virusse deur middel van jou selfoonskerm versprei.

Apple het onlangs verduidelik hoe iPhone-eienaars hul toestelle kan ontsmet sonder om dit te beskadig.

Volgens die maatskappy kan jy ’n ontsmettingsmiddel wat alkohol bevat gebruik om jou iPhone mee skoon te maak.

Die oplossing moet net nie te veel alkohol bevat nie.

koronavirus

Die aanbeveling is ’n klam lappie gedoop in ’n oplossing van tot 70% etanol en skoon water.

“Wet Wipes” bevat ook ’n soort alkohol, maar kan toestelle beskadig, so dit word nie aanbeveel dat jy dit gebruik nie.

Eweneens moet produkte soos toiletpapier of handdoekrol nie gebruik word nie, aangesien dit die toestel en die skerm kan krap.

Samsung, sowel as Apple, beveel aan dat ’n sagte lappie gemaak van mikrovesel gebruik word.

Wanneer jy dit in die etanolmengsel doop, moet jy seker maak dit is klam en nie druipnat nie. Vee jou foon behoorlik voor en agter met die lappie af.

Gebruik ’n oorstokkie of stukkie watte om die herlaaipoort uit te vee en maak seker daar beland nie onnodig baie vloeistof in dié poort nie.

Die meeste moderne slimfone is wel waterdig en sal niks oorkom selfs al laat val jy dit in ’n emmer water nie.

Onthou ook om jou slimfoon se beskermer afsonderlik ordentlik te was om die kieme dood te maak wat daarop skuil.

Meer oor:  Koronavirus  |  Slimfone  |  Covid-19  |  Tegnologie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.