Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
Krabbel WhatsApp nou terug oor privaatheid?

WhatsApp is nie meer so haastig om sy nuwe privaatheidsbeleid op sy gebruikers af te dwing nie en dié kletsdiens het nog geen rekeninge se funksies gestaak nie.

Die maatskappy het sy gebruikers vroeër in kennis gestel dat hulle die nuwe privaatheidsbeleid teen 15 Mei moet aanvaar, anders sal hulle sekere funksies verloor.

Dit blyk nou dat WhatsApp se deuntjie ’n bietjie verander het. Tot dusver is niemand se funksionaliteite op dié gewilde app beperk nie, al het hulle nog nie die nuwe beleid aanvaar nie.

Die maatskappy herinner mense nou al die hele jaar daaraan om die stellings te aanvaar wanneer hulle gevra word om dit te doen. So onlangs soos ’n week voor 15 Mei het WhatsApp gesê gebruikers se rekeninge sal nie verwyder word nie, maar hulle sal voortdurend daaraan herinner word om die veranderinge te aanvaar.

Volgens thenextweb.com gaan die maatskappy egter nou geen veranderings aan enige funksionaliteit maak nie.

WhatsApp verduidelik in sy jongste verklaring dat hy ná gesprekke met regerings en privaatheidskenners geen funksionaliteit sal beperk nie.

Mense gaan veral herinner word aan die nuwe privaatheidstellings wanneer hulle probeer kommunikeer met ondernemings wat sake deur WhatsApp doen.

Volgens Business Insider kan WhatsApp in die toekoms weer van siening verander.

WhatsApp probeer om sy gebruikersbasis te behou en terselfdertyd verskeie regerings oor die wêreld heen gelukkig te hou. Nadat die beleid in Januarie die eerste keer ingestel is, het ’n klomp gebruikers na ander platforms, soos Telegram en Signal, geskuif.

Indië het WhatsApp verlede week gevra om sy privaatheidsbeleid terug te trek. Die land het ’n kennisgewing aan WhatsApp gestuur dat die nuwe beleid die land se wette oortree.

In reaksie hierop het die maatskappy Maandag gesê hy bly in gesprek met Indië “en ons bevestig wat ons voorheen gesê het – dat die aanpassing nie die privaatheid van enigiemand se persoonlike boodskappe beïnvloed nie”.

Op 11 Mei het die Duitse owerhede WhatsApp verbied om gebruikersdata van mense in die land te verwerk. Facebook het destyds gesê dat hy teen die verbod sal appelleer.

Die maatskappy is ook gedwing om sy bywerking in Turkye uit te stel.

In Suid-Afrika het die Inligtingsreguleerder met regstappe oor die privaatheidstellings gedreig.

Meer oor:  Whatsapp  |  Facebook  |  Privaatheid  |  Tegnologie  |  Sosiale Media  |  Kletsdiens
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.