Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
Kragproppe verander weer – wat jy moet weet

Die Suid-Afrikaanse Buro vir Standaarde (SABS) het onlangs nuwe vereistes vir kragproppe uitgereik, waaronder ’n verpligte nuwe simbool wat op alle pasproppe (“adaptors”) moet verskyn.

Suid-Afrikaners moet bewus wees van die nuwe standaarde rakend muurproppe in die land. Foto: SABS

Die simbool waarsku dat een pasprop nie in ’n ander een gedruk moet word nie.

“Dit is weens die veiligheidsrisiko omdat oorlading van die muurprop ’n kortsluiting tussen die neutrale en lewende punte kan veroorsaak. Die simbool moet op die pasprop gebosseleer word om gebruikers te waarsku oor die gevaar om pasproppe aan mekaar te koppel,” sê Sadhvir Bissoon, die SABS se hoof van standaarde.

Dit is deel van die Sans 164-0-vereistes vir krag- en muurproppe wat aan die begin van 2018 in Suid-Afrika aanvaar is.

Pasproppe mag nie meer aan mekaar gekoppel word nie. Foto: SABS

Dit is nou verpligtend om die nuwe Sans 164-2-krag- en -muurproppe te installeer, aanvullend tot die ou driepuntkragproppe.

Die nuwe Sans 164-0-stelsel is in 2018 bekend gestel. Dit is verpligtend vir enige nuwe muurproppe wat geïnstalleer word. Foto: SABS

Hierdie kragproppe is sedert die 1950’s die standaard. Dit word vir brande en skokke blameer.

Die ou driepuntkragprop is al in gebruik sedert die 1950’s. Foto: SABS

Die nuwe Sans 164-2-kragprop het drie punte, insluitend ’n aardpunt, wat gebruikers teen ’n kragskok beskerm. Maar tweepuntkragproppe word steeds in Suid-Afrika toegelaat vir produkte wat nie geaard hoef te wees nie, soos selfoonlaaiers.

Die ou driepuntkragproppe word ook steeds toegelaat, maar enige nuwe muurproppe moet ook volgens die nuwe standaard wees.

So lyk die nuwe Sans 164-2-muurprop, wat ook vir die driepuntkragproppe voorsiening maak.. Foto: SABS

Ander nuwe Sans 164-0-standaarde sluit in ’n vermindering in die minimum ruimte tussen die pasprop en die muurprop tot 8 mm van 12 mm.

Daar hoef nou minder ruimte tussen die pasprop en die muurprop te wees. Foto: SABS

Daar is ook nuwe standaarde oor hoe veelvoudige muurproppe se skakelaars geposisioneer moet wees.

Skakelaars se posisie op muurproppe moet ook nou gewysig word. Foto: SABS

“Die konstruksiebedryf, elektrisiëns en huishoudings moet bewus wees van die gewysigde vereistes vir Suid-Afrika,” sê Bissoon.

Business Insider

Meer oor:  Sabs  |  Tegnologie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.