Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
Krakers hou Baltimore al 2 weke lank as gyselaar aan

Kuberkrakers het duisende munisipale rekenaars van ’n Amerikaanse stad met die sogenaamde RobinHood-losprysprogram buite aksie gestel.

kuberkraker
Kuberkrakers gebruik die skadelike RobinHood indringerware om groot lospryse te vereis.

Baltimore in die Amerikaanse deelstaat Maryland is op 7 Mei deur tot nog toe ongeïdentifiseerde krakers geteiken.

Sowat 10 000 rekenaars en verskeie rekenaarstelsels se data en toegangspunte is deur die indringerprogram gekodeer.

’n Nota saam met die indringerprogram eis 13 bitcoin om die kode op te hef.

Teen die huidige waardasie van kriptogeld kom dit neer op sowat $100 000 om die kode op al die betrokke stelsels op te hef, of sowat $24 000 per elke onafhanklike stelsel, berig New York Times.

Die stad het binne ’n paar dae ’n alternatief vir een van sy besmette stelsels aktief gekry sodat eiendomstransaksies weer deurgevoer kon word. Maar vir die res sal die owerhede óf die losprys moet betaal, óf dit van vooraf moet opbou en vervang.

Volgens die stad kan dit maande duur om die stelsel van die grond af op te bou as die losprys nie betaal word nie.

Bernard Young, burgemeester van Baltimore, het aan New York Times gesê hulle oorweeg dit nog nie om die losprys te betaal nie.

“Op die oomblik sê ek ‘nee’. Maar om die stad weer aan die gang te kry? Ek kan dit dalk nog oorweeg. Ek het nog nie finaal besluit nie.”

Die aanvanklike sperdatum vir die betaling van die losprys was 17 Mei. Die oorspronklike dreigement was om die data te vernietig indien die spertyd nie gehaal word nie, berig Vox.

“Ons sal nie verder praat nie, al wat ons ken is GELD!” lui die nota saam met die indringerprogram.

“Maak gou! Tik Tak, Tik Tak, Tik Tak (sic).”

Hierdie sogenaamde RobinHood-losprysprogramme het dikwels hul oorsprong in lande in die Verre Ooste en Rusland, maar dit is ook nie altyd die geval nie.

Twee individue in Iran was byvoorbeeld verantwoordelik vir so ’n RobinHood-aanval in 2018 op die Amerikaanse stad Atlanta, is in ’n ondersoek bevind.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.